2 maande gelede
Los die kar en pak ryer
MOOI NÈ? Die oomblik met die beautifully butch Toyota Hilux Raider net voordat ek agtergekom het hier is groot fout.Foto’s ALBERT BAKKES  ~ 

JULLE ken mos daai Ingilse segding: “And then my life came to a screeching halt!”

Wel, dié week het dit amper letterlik met my gebeur.

Ek was langer as drie uur in die verkeer op daai goor Dinsdagoggend om die paar kilometer van my huis tot by die werk af te lê. So, behalwe dat ek weer ’n rekord opgestel het, het ek ook my k*k behoorlik los geskrik.

Terwyl ek nog so kook in daai stilstaande traffic, het dit begin reën.

En met volle vertroue in die Toyota Hilux Raider (skitterend, as jy van bakkies hou) wat ek dié week toets, activate ek daai wipers soos enige regdenkende mens.

GROOT FOUT: Iemand is nou twee Toyota Hilux wiper blades­ ryker­. En ek was amper­ bokveld toe, thanks.

Skreeu

En “SCREEEECH!!!” Toe pop die twee vibers op, met een klein verskilletjie.

Een of ander f*kk*r het op Heritage Day vir hom of haar splinter­nuwe Toyota Hilux wiper blades gekry.

En daai kaal metaal- wiper-armpies (sans blades) krap toe so lekker op die vooruit, kompleet met ’n skreeu soos ’n kat se naels op ’n swartbord.

Het jy my al sien vinnig beweeg?

Wel, ek sou vir die Olimpiese span ’n goue medalje gewen het as daar ’n switch-die-wipers-af-aktiwiteit was.

Want die laaste ding wat jy aan jou agent wil verduidelik, is hoekom die windscreen saam met die wipers vervang moet word.

Dit oor jy twee diep groewe in die glas gelos het met daai kaal metaal-armpies, dankie.

Trust my, ’n Kaapse reënbui in ’n kar sonder wipers is nie ’n joke nie.

Dis eerder vreesaanjaend, want jy kan f*kk*l voor jou sien nie, dankie.

En omdat ek daai ure gehad het om te tob oor hierdie development, het ek ’n lysie in my kop opgestel. Dit bestaan uit soortgelyke gevalle waar ons moet “dankie” sê aan ander *ssholes om ons toetskarre so useless moontlik te maak.

Ja, daar was die geval jare gelede toe die toetskar (ook soos die Toyota) nie in my garage kon pas nie.

Dit was een of ander wynrooi metallic Chrysler people mover met sliding doors na agter.

Reusagtig.

So, die d**s wat my toetskar met sy/haar sleutel gekrap het waar hy voor die deur gepark was, het hope en hope ruimte gehad om sy “art” te vervolmaak.

Die hele lengte en breedte van die kar was so diep gekrap dat ek die metaal onder die verf kon sien daai oggend toe ek wou inklim.

En het ek besef hierdie is nie net ’n ou patch jobby nie, maar ’n all-over respray. En dit was nie eens my skuld nie.

En wat van die mede-joernalis wat ’n Nissan 370Z- ragtop-sportkar vir die naweek gekry het?

Hy het die ding by ’n restaurant geparkeer, met die dak op.

En terwyl hy en sy vrou binne met aandete besig was, het een of ander f*kk*r dit goed­gedink om die ragtop vol gate te sny.

Jealous much, of net plain psychotic?

En dan was daar een of ander brutale Subaru wat ek onder hande gehad het. So ’n mooi bloue.

Maar die prentjie, en die taal wat een oggend uit my mond gekom het, was selfs blouer.

Want iemand het besluit om ál vier my tyres te slash.

MOOI NÈ? Die oomblik met die beautifully butch Toyota Hilux Raider net voordat ek agtergekom het hier is groot fout.Foto’s ALBERT BAKKES

Haat

Daai kar kon nêrens gaan nie, behalwe op ’n flatbed-trok.

En die lys gaan aan.

Ja, ek verstaan sekere mense like my nie (en haat my selfs actively) of is bloot net jaloers.

Maar kom eerder en sê dit vir my in my gesig en los my karre uit. Of was dit ’n practical joke?

Wel, jou f*kk*n “joke” het my in die reën amper doodgemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters