13 dae gelede
KYK: Lexus UX 250h is ’n anderste hybrid

RIGHT ... Lux badge en al is dit eintlik maar ’n Toyota. Strike 1.

En dis ’n cross-dresser. Strike 2. En dis ’n @#$%^& hybrid. Strike 3.

So, met al daai strikes moes ek mos hierdie wa absoluut verpes het.

Jy weet hoe ek oor die brand voel. Cross-dressers is net karre op stilts. En jy kan die meeste van hulle nie veld toe vat nie, al lyk hulle asof hulle kan.

Gewete-susser

Hybrids het my ook nog nooit oortuig nie. Dit voel vir my hulle probeer te hard om ’n statement te maak, net soos hulle eienaars. Soos in: “Oe, kyk na my. Ek is so goed vir die omgewing en so politically correct”.

’n Gewete-susser.

So, hoekom het ek so verlief geraak op die Lexus UX 250h hybrid?

Was dit miskien die striking design language (kyk al daai angles) wat gekroon word deur daai kenmerkende yslike Lexus spindle grill? Kyk, dis definitief nie ’n saai muurblommetjie in terme van design language nie.

Check net daai daytime LED running lights. En selfs aan die gatkant het hulle dit reggekry om die kar van enige angle striking te maak.

Of dalk was dit die absolute rock solid build quality binne en buite?

Hope en hope leer. En hulle het dit selfs reggekry om hierdie Lexus nie so besig te laat voel met al die knoppies nie.

Maar om dít reg te kry, het jy steeds ’n muis-tipe touchpad om mee te navigate op die infotainment/connectivity/sat nav combo screen op die dash.

VERSTOMMEND: Die Lexus UX 250h Hybrid is ’n striking cross-dresser op soveel vlakke.Foto’s:ALBERT BAKKES
it works: Van uit enige angle werk die Lexus se design language net.
MOOI: Check daai striking LED-gatligte.
Sê AA! Hy het ’n heel nuttige boot.
Dankie tog! Die CVT box is nie stupid nie.
ALLE ANGLES: Dalk het die striking design lan­guage van die Lexus my oorrompel.

Tog, dis nie meer so clunky soos die vorige generasies nie en toon heelwat initiative.

Die kar het met gemak die ek-sit-agter-myself-toets vir ruimte agter geslaag, so die passasiers is gecover.

Is ek miskien verlief omdat die Lexus my nie probeer oortuig het hy is so heilig soos ’n hybrid en hy is goed vir pikkewyne en walvisse nie?

Sit hom eenvoudig in Sport (daar is ook ’n Eco en Comfort setting, maar whatever), trap die pedaal in en die 2 F-petrolenjin is good to go vir 107 kW en 180 Nm torque. Die 16-klep DOHC inline 4-enjin kry jou in 8,5 sek. by die 100 km/h-merk.

Daar is ’n screen wat jou wys as die enjin die voorwiele aandryf of die battery laai (of albei) of as die battery die enigste bron is wat krag na die voorwiele stuur.

Ek het die gevoel gekry dit is nie ’n gimmick om jou te wys hoe goed jy vir die environment is nie. Dis eerder ’n baie slim device om jou hope petrol te spaar (en op jou eie manier die ysbere te red).

Gepraat van consump­tion, Lexus claim ’n average van net 4,5 F per 100 km. En dis nie net PR-hanna-hanna nie, want selfs nadat ek hom so ’n bietjie gedruk het, was my average omtrent 4,7 F.

Ek gaan nie eens praat oor die hele alfabetsop van safety features en driver assist (ABS, EBD, front en rear parking sensors en bird’s-eye view op die screen en rear camera) nie.

En ook nie oor die adaptive variable suspen­sion setup, wat jou laat glide waar jy wil glide en vasklou waar hy moet vasklou nie.

Stupid

Dit sonder dat jy rondval soos ’n kat in ’n tumble drier (soos in baie ander cross-dressers gebeur as gevolg van die ride height).

Ook nie oor die CVT box wat nie stupid is nie.

Kortom: As alle hybrids gemaak word soos die UX 250h, waar die hybrid tech as ’n tool gebruik word eerder as ’n gimmick, sal ek met ’n ander oog na dié spesie kyk.

    Albert se Rev Counter: ’n verstommend accomplished piece of tech 9 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters