Verlede maand
Legend is propperse bakkie
NUUT? Ontmoet die nuwe Isuzu 4x4 D-MAX LX. Die naam het verander.Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

JA, EK het die Isuzu 4x4 D-MAX LX-bakkie al ’n hele paar weke gelede bestuur.

En daar is ’n rede hoekom ek die skrywe baie lank uitgestel het.

Kom ek begin by die begin. Dekades gelede het my pa die voorganger van die legendariese Isuzu, die Chev KB, gehad. Ek het grootgeword in die ding en ook myself daarin geleer bestuur.

Die ding was so eenvoudig, jy kon dit basies regmaak met bloudraad. En bulletproof.

So, ek moet eintlik mos lojaal wees teenoor die brand ...

En nou die specs: Daar is die 3 l- turbodiesel-meul onder daai tamaai bonnet, gekoppel aan ’n ses-spoed manual met long throws.

Dis good to go vir 130 kW krag en 380 Nm torque. Dis die laasgenoemde wat saak maak, want dit sorg vir hope low-down grunt.

Die suspension setup bestaan uit coil over shocks voor en ’n leaf spring setup agter.

Aktiveer

Jy kan hom op die fly sommer tussen 2H, 4H en 4L met die switch van ’n dial in die kajuit stel.

En terloops, daar is front en rear diffs wat jy ook in die kajuit kan aktiveer – as ek reg gelees het tot met ’n spoed van 100 km/h.

Die wa weeg oor die twee ton op sy 18” rubber. Hy is amper 5,3 m lank, wyer as 2,1 meter en amper 1,8 m hoog.

Sy ground clearance is 220 mm hoog en sy wading depth is 600 mm. Sy approach angle is 30°, sy departure angle 22,7° en sy breakover angle 22,4°.

So, op papier is die opvolger van die KB net so ’n legendariese beast wanneer dit by bundu bashing kom.

Die company sê after all op sy website: “Die Isuzu D-MAX is die top-punt van ’n 40 jaar lange reputasie van durability, betroubaarheid en slaankrag.

Prentjie

“Al het die badge na D-MAX verander, sal die legendariese naam van ons bakkie en ons verbintenis om Suid-Afrika se hardwerkendste bakkie aan jou te verskaf, nooit verander nie.” En daar is vrek nice, wel, nice-to-haves.

Die leer, die steering wheel, mounted controls en die infotainment-connectivity-sat nav combo met sy eie touch screen van 8”. (Terloops, daar is ook USB ports agter).

Climate control rond die prentjie binne af.

Buite het jy daytime LED running lights, running boards aan albei kante, keyless entry en ’n hele reeks opwindende kleure om van te kies.

En almal weet jy ry ’n 4x4 en ’n D-MAX en ’n Isuzu, want daar is stickers oral.

Maar terug by die PR blurb hier bo.

Hulle mince nie hulle woorde nie. Die klem is op die woorde “bakkie” en “hardest working” en dat hulle dit nooit gaan verander nie.

En dis hier waar die wiele so ’n bietjie vir my afval.

Daar is ’n see van SUV’s, leisure vehicles en ander bakkies. Hulle word meer vir plesier as werklike werk gebruik en dis waarvoor bakkies oorspronklik gebou is. So, jy kan nie anders as om te voel jy ry, wel, in ’n propperse bakkie nie.

Die Isuzu is dus miskien heeltemal te honest, al die bling en nice-to-haves ten spyt, in elk geval vir die stad, waar 90% van alle bakkies hulle deesdae bevind.

Julle weet after all hoe ek oor bakkies in die stad voel. Dis meer useless as ’n witrenoster.

En hierdie legend is selfs meer hardcore en hardebaard as die average bakkie. Te veel old school.

So, dis die eintlike rede hoekom ek so lank gewag het. Want ek wou regtig nie die legend afskiet nie.

  • Albert se Rev Counter: ’n 6 uit 10 in die stad. Maar vat hom plaas toe (verkieslik in wit) vir ’n 8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters