25 dae gelede
Larney rygoed
Aksie! Die k*k spat en hare waai weer môre op Killarney. foto’s verskaf  ~ 

SOOS ek altyd sê: My petrolkoppies moet maar vroeg gaan slaap.

Dis omdat die hekke van ons Kaapse heiligdom – die Killarney International Raceway – môre al 07:30 oopmaak.

Dis vir die Extreme Festival. Die k*k spat en hare waai van 10:00 af.

Ek het ook ’n voëltjie hoor fluit dat die aksie nóg meer batsh*t gaan wees as laas keer.

Dis omdat sommer vyf national championships en drie national challenge-klasse aangebied sal word.

Die regional classes is natuurlik ook nog daar.

Maar die headline acts is daai larney global touring cars (GTC) – high tech killers in die GTC en GTC2-kategorieë.

Hulle is supervinnig en brul soos Simba op steroids. Al wat ek oor die racing wil sê, is dat dit so close is, ’n vel koerantpapier sal skaars tussen twee karre pas.

As jy regtig ’n nuwe soort kontaksport benewens rugby wil sien, check die Polo Cup racing uit.

Verwag

Al die karre in dié klas is identies – amper stock standard VW Polo’s. Almal het ook dieselfde tyres en dieselfde jong racers wat gretig is om te wen.

So, ja, verwag maar ’n paar skrape, ’n tru-spieëltjie of vyf wat gaan waai en ’n paar stelle vuil undies.

Maar die racers in die Formula 1600’s (dink aan F1 single seaters van ’n paar dekades gelede, net die bare bones), kan nie eintlik so close race nie, want ek voorsien ’n moerse !@#$%^ as daai tyres tangle ...

Vir die two-wheeler crowd sal daar ook baie close racing wees in die superbike classes waar ons local hot shots dit tot die next level kan lig teen nasionale contenders.

Benewens die litre-class superbikes en die 600 cc supersport bikes sal daar ook national challenge racing wees in die Kawasaki se ZX-10R Masters Cup (’n one make-wedren) en die Gauteng-gebaseerde Thunderbike kategorieë.

Die lys gaan aan, maar my ruimte raak min ...

Vir Pa en Ma is daar natuurlik ’n koue bier en ’n glas witwyn in die New Pits Lounge en Karting Clubhouse.

Vir Ma en Pa is toegang R100 elk, terwyl Boet onder 16 R40 moet hoes. Sus onder 12 kom in vir mahala.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters