5 maande gelede
Laat jou duur tenk só langer hou
savings: Daar is verskeie maniere om brandstof te bespaar in die lig van die hike in die prys die maand. Foto: mpumalanganews.co.za  ~ 

JA, JY woon miskien in die Kaap. Maar hier gaan die Wet van Transvaal ook die maand geld.

Want die government gaan jou beursie weer laat tjank dat die bloed loop. Sien, jy kan jou maar regmaak dat die prys van petrol met 74c/F gaan hop en die prys van diesel met 81c gaan kraai.

Maar Susan Steward, die marketing manager van Budget Insurance, stuur toe vir my ’n email waarin sy my vertel jy kan jou fuel economy met tot 40% verbeter.

Banddruk

Menende waar jou normale tenk jou 650 km gee, jy hom kan druk tot by 900 km!

Nou hoe de hel doen jy dit?

Maak eerstens seker jou wheel alignment is reg en dat jy die regte banddruk het, anders is daar rolling resis­tance (lees: baie meer voggies) en wear and tear op die tyres.

En elke harde rem en moerse acceleration vreet brandstof. Hou maar jou driving style smooth en steady.

En high speeds equals beslis hope en hope brandstofverbruik.

Teen 110 km/h vreet jou enjin tot 25% meer voggies as teen ’n gemaklike 90 km/h.

In die real world werk dit so: Hoe hoër die gear, hoe laer is die fuel consumption. Bestuur maar in die hoogste gear, waar omstandighede dit toelaat.

Dan is daar ook drag wat brandstof smag. Moenie met jou vensters oop ry nie. En moenie jou roof racks vol fietse pak nie.

En dan is daar natuurlik Slaapstad se helse traffic. Ja, in die real world het ons geen beheer hieroor nie, maar as jy kan, probeer peak hour traffic vermy (helse fuel bills).

As jy nie kan nie, gebruik daai app op jou smartphone om minder gridlocked roetes uit te werk.

En natuurlik moet jy jou kar ’n gereelde health check gee. Elke gekrokte ding, soos vuil olie, vuil air filters en vuil injectors, ’n stukkende exhaust of ou spark plugs, maak jou kar ’n nare brandstof-vreter.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters