7 maande gelede
Vuurvreters brul vir 9 ure
HALLELUJAH! Die Kyalami 9-Hour in ál sy glorie. Kyk net dié Honda NSX. Jy kon daaraan raak.  ~ Albert Bakkes

HIERDIE is nie my Rev Counter nie.

Nee, net ’n op­somming van die grootste ding wat in drie de­kades met local motorsport gebeur het.

Was die Kyalami 9-Hour, die final van die Intercon­tinental GT Challenge series, ál die hype werd?

A resounding YES!

Stuurboord

Ja, daar was teething problems. Dis after all ’n international company, SRO Motorsports Group, en Pirelli wat grootliks die organisational setup gedoen het, en dit was after all die eerste keer in ’n volle 37 jaar dat dit op Kyalami plaasgevind het.

Ons journos is byvoorbeeld van bakboord na stuurboord gestuur om accredita­tion te kry.

En daar het baie minder mense opgedaag as wat verwag is. Maar vir die mense wat nie opgedaag het nie, holy !@#$%^! Het julle nou iets ysliks misgeloop!!!

GT3 races is soos racing van ouds. Ons kon byvoorbeeld op die starting grid rondstap terwyl die monsters ingekom het om hulle starting places in te neem. Ons kon na die beautiful grid girls kyk. Maar veel eerder na die Mercedes Benz-AMG’s, Audi R8’s, die racing Bentley Continentals, die Porsche 911’s, die Aston Martins, die lone Ferrari en Honda NSX, die Nissan GT-R Nismo’s en die BMW M6’e.

BEAST: ’n Nissan GT-R Nismo-monster reg op die grid.

Ons kon met die drivers gesels en kiekies neem. ’n Heel approachable affair.

En anders as met byvoorbeeld single-seaters en prototypes is ál die 28 monsters wat gejaag het, gebaseer op existing models – wat natuurlik moer toe en insanely ge­tweak is vir racing.

En wat die racing só fun gemaak het om te aanskou, is dat all bets are off wanneer die monsters weggetrek het van ’n running start.

Die AMG’s, wat die favou­r­ites was vir die manufacturers sowel as die racers, het op die ou end glad nie in die eintlike race gefeature nie. Een het sommer op die Growthorne-draai uitgeval en toe nie weer gerace nie.

Die res van die AMG’s het lyk my gesukkel met die hoogte bo seespieël en die batsh*t crazy hitte.

Dit was die Porsches wat op die ou end met die titels weggejaag het.

APPROACHABLE: Ons stap op die grid rond net voor die start.

Maar nie voordat die hemele oopgemaak het met ’n reusagtige Hoëveld-donderstorm en Noag en sy Ark ook deelgeneem het nie.

Negotiate

Wat die klank betref: Dit suis steeds in my ore met die B’RRRRRRRRR! downshifts van die Porsches net ná Cheetah Corner, en die BANG! into third gear van die sequential gearboxes van die GT-R’s en Bentleys.

En die beste nuus is, Toby Venter, Mr Porsche/Lambo/Bentley en die owner van Kyalami, het dit reggekry om te negotiate vir die series final vir die volgende 10 jaar.

Dis die beste nuus vir local racing ooit! Want dit sit ons weer vierkant op die international map!

PS: Ál die foto’s en video’s do’nt do this justice ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters