2 maande gelede
Kry nou al jou gat in rat vir Krismis
beplan: Lank voor die summer holiday moet jy al alles vir daai trip check. Soos die first-aid kitvir jou kar. Foto: physical-sports.co.uk  ~ 

DIE week se reën het blykbaar ook my breins weggespoel, want ek kon aan niks dink om oor te skryf nie.

Maar toe kom die Automobile Association (AA) weer tot my redding.

Die slimkoppe sê selfs al dink jy die moerse lang somervakansie is nog ’n hele paar maande weg, moet jy nou al werk maak vir daai tyd.

Dit maak sin. Die maande het weggeglip voordat jy jou oë kon uitvee.

As jy in Oktober of November eers kliek jy is ver agter met jou planne, gaan jy na alle waarskynlikheid nie genoeg tyd hê vir alternatives nie.

So, as jy beplan om “local is lekker” vakansie te hou, moet jy nou al aan die werk spring om seker te maak jou kar, en enige iets wat jy gaan sleep, is in tiptop meganiese shape.

Die AA sê karre wat op ’n lang trip gaan, moet lank voor die vertrektyd gediens word. Dit gee jou kans om enige probleem uit te sort wat dalk in die diens raakgesien word.

Benewens die meganiese goed wat gecheck moet word, check ook sommer of die kar se first-aid kit up to date is.

Iets wat ewe belangrik is, is dat die kar se emergency kit volledig is.

Maak seker jy het ’n warning triangle, ’n fire extinguisher, ’n tyre inflator, flits, ensovoorts.

Jy weet natuurlik as jy nie nou al jou verblyf reël nie, gaan jy óf in die sufste plek bly omdat dit die enigste plek is wat oorgebly het óf jou alie af betaal.

Óf jy sal met Jan Tuisbly se karretjie moet ry, want al die ander plekke is vol ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters