2 maande gelede
Kry ’n grip en bekyk bande
veilig: ’n Tread wear indicator, so ’n klein rubberwyser wat jou wys hoeveel tread jy nog op jou tyres het, kan jou lewe miskien net red. Foto: youtube.com  ~ 

EK WAS weer ’n paar dae daar bo in die Noorde en het ’n hele paar karre op hulle dakke sien lê langs die N14 tussen Snorstad en Lanseria.

Daai Sondag het ek boonop ure lank in een moerse traffic balls-up gesit. So, my gemoed was maar in my skoene.

En dit met Vrou aan my sy en my “seun”, Luke, ’n Great Dane, agter my.

Want toe beland iets in my inbox wat miskien hierdie gemors verduidelik.

Carlo Baldocchi, die tyre sector manager by die Suid-Afrikaanse vereniging van bandvervaardigers (SATMC), verduidelik dat een uit elke vyf ongelukke op ons paaie weens tyre failures gebeur.

Maar daar is miskien tog so ’n bietjie hoop.

Want daar is nou ’n vereiste feature op alle bande vir passasiersvoertuie.

En dit word genoem die loopvlakslytasiewyser – tread wear indicator (TWI).

Dis sulke klein rubber­wysers wat in die groewe van die bande gevind kan word.

Dit is nogal ’n baie nuttige tool, want dan kan jy as bestuurder self vasstel hoeveel tread jy nog op jou bande oor het.

Terloops, die minimum tread is 1 mm (dis so ’n vuurhoutjiekoppie diep). En as die diepte en die TWI op dieselfde level is, is dit die tyd om nuwe bande te koop.

Baldocchi sê dis een moerse gevaar om op afgeloopte bande te ry.

Want ’n mens se remafstand word langer, jy het minder traksie, veral as dit nat is, jy kry makliker­ punctures, en jy kan sommer ’n lekker blowout kry.

Geïgnoreer

Trust my – dis ’n nasty experience, en behalwe die feit dat jy (letterlik) jou kop kan verloor, gaan dit ook jou sak skud (as jy oorleef).

Jy sal definitief vir ’n nuwe rim moet betaal (indien nie ’n hele kar nie).

Baldocchi sê bandveiligheid word geïgnoreer en daar word meer gekonsentreer op ander veiligheidsboodskappe soos dronkbestuur en spoed.

Maar dis after all die tyres wat bestuurders en passasiers op die teer hou. Dink so daaraan – en ek het al dit gesê – sit jou oop hand voor jou oë. Dis net vier van hierdie “hande” wat die kontakpunte is tussen jou kar en die teer.

Terloops, die SATMC kyk na die belange van die land se motorbandvervaardigers wat bande verskaf aan die government, die motorbedryf en Joe Soap. Die vervaardigers sluit Bridgestone, Continental Tyre, Goodyear en Sumitomo Rubber in.

Dié lot het vyf fabrieke in die land en supply sowat 60% van alle bandvervangings in die land. Hulle verskaf ook aan die Original Equipment Manufacturers (OEM)-mark (bande wat deur motorvervaardigers gebruik word vir nuwe karre).

So, voordat jy op daai Paasvakansie gaan, gaan eers jou tyres na. Jy wil tog hê jy en jou gesin moenie deel van die tradisionele slagting wees nie, of hoe?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters