5 maande gelede
Kona sal koppe laat draai
well sorted: Die Hyundai Kona. Daai looks ne.  ~ 

NEE, die kar is nie gepimp nie.

Net deur Hyundai (van alle mense), so gemaak, en so gelaat staan.

En ek was een happy camp­er. Want ek moes al lank­al nie meer verbaas gewees het oor hoe die Koreane te werk gaan wanner dit by nuwe modelle kom nie.

Ek meen, die Tucson N Sport het my rompie opgewaai en my sokkies weggeblaas met sy dropped stance­, quad pipes agter, bling low profiles en out­right performance.

En toe ek verlede jaar die Kona so twee uur lank op launch gery het, het hy my nogal impress met sy overall looks, handling, per­form­ance en overall per­ceived build quality.

Gekoppel

So, hoe is dit om ’n week lank saam te leef met die ding, wat tussen sy boetie, die Creta, en die groter Tucson val?

Kom ons kyk eers na die facts and figures.

Daar is die naturally aspirated tweeliter-viersilinder-petrolenjin, gekoppel aan ’n sesspoed- auto boks. Met, terloops, ’n Comfort, Eco en Sport setting (natuurlik hou jy alles in Sport ...).

Good to go vir ’n dash time van 10 sekondes on the dot en ’n top end van 194 km/h.

Want op papier klink dit maar so-so, met 110 kW krag en 180 Nm torque.

Maar kom ek probeer dit so verduidelik. Sondag werk ek weer en daar aan die begin van FW de Klerk-rylaan sit ek ná ’n lang dag by die rooi lig.

En toe stop so ’n meneertjie in sy VW Polo GTi langs my.

Ek het nie eens gedink aan ’n dice nie, maar toe die lig groen slaan, toe floor ek die Kona. Om vinniger by die huis te kom, sien.

En daar in die verte sit die Polo-laitie in my truspieël.

En natuurlik sal die mannetjie my ná die eerste 100 m inhaal en verbysteek en toe mal gaan deur deur die verkeer te vleg. Sien, hy kon sekerlik nie glo dat ’n mere Hyundai hom rooi hak­skene wys nie, al was dit net vir die eerste 100 m.

Julle weet nou reeds al jare hoe ek oor auto bokse en veral CVT-bokse voel. Oor die algemeen is hulle stupid, want hulle weet nie in watter gear hulle wil wees nie.

En dan huiwer hulle en maak hulle jou naam gat deur of die een gear te redline, of in amperse limp mode te gaan. Dít natuurlik wanneer jy die krag die nodigste het, soos wanneer jy nét ’n groot lorrie op ’n lang pas probeer verbysteek

Maar snaaks genoeg het die Kona se boks bitter min van hierdie streke up his sleeve. Well sorted.

all in: En dan’s daar natuurlik ál die nice-to-haves­ en die tech in die cabin.
really? Die paint job se naam is wragtag Acid Yellow. Regtig egtig.
sEn check die colour scheme binne.
kyk vir my! Selfs van agter maak die Kona ’n statement.
yay of nay? Die Kona se looks (hooffoto) sal mense definitief in kampe verdeel. INLAS: Ek like die three-tier light decks.Foto’s: albert bakkes
sitplek: En vir die passasiers is daar genoeg space agter.
pakplek: Daar is ’n werkbare boot.
well sorted: Die Hyundai Kona. Daai looks ne.

En jy het nie eens die luxury van paddle shift­ers agter die stuur nie. Gepraat van lux: Daar is natuurlik pleather orals, nice-to-haves soos controls op die stuurwiel, ’n satnav/infotainment/connectivity combo met sy eie screen op die dash en ’n hele gros safety features met airbags orals en ’n werkbare boot (met ’n full size spare, as ek reg gesien het).

En nou die looks. Onthou enige iemand nog die Nissan Juke se looks?

Daai looks het amper vir fist fights gesorg onder joernaliste. Of vír of téén.

En ek dink die Kona se looks kan ook in die “vir of teen”-kampe val. Ek meen, kyk daai bakkies met die three-tier light decks. En die screaming “look at me” paint job (ek dink die regte naam is “Acid Yellow” as ek reg onthou, no pun intended).

Ek is mal daaroor, want dis ’n regte head turner, maar daar is minder mal mense wat sekerlik ’n meer redelike en somber design language en/of colour scheme­ sal verkies.

Maar daar is ’n oplossing. Ons noem hom die Creta.

  • Albert se Rev Count­er: ’n Well sorted if Acid Yellow 8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters