5 maande gelede
Knysna Speed Festival: Hy is top in Mzansi
full chat: Wilhelm Baard in sy heavily modded Nissan GT-R was verlede jaar se King of the Hill op die fees.Foto:speedfestival.co.za  ~ 

EK WAARSKU julle maar vroegtydig sodat julle kan beplan, spaar, en slaapplek reël ...

Want dié is ’n jol wat geen petrolkop mag misloop nie.

Moenie Knysna net as ’n tourist trap en gay friendly dorp beskou nie.

Daar is ook ’n plek net buite die dorp: Simola.

Ek praat nou van die plek waar Knysna Speed Festival (Edms.) Bpk. die Knysna Simola Hillclimb aanbied.

Trust my, jy het nog nooit sound & fury gehoor soos jy dit dáár sal hoor nie.

Klein

En dié jaar se event van 2 tot 5 Mei is baie spesiaal, want dis die tiende aanbieding.

En wat ’n event! Maar meer daaroor later ...

Dit het maar klein begin. Eintlik net om meer toeriste na die dorp te lok.

láág, my broe: Die ikoniese Chev­ron B19 keer terug, nuh.

Nóú is dit egter die land se voorste motorsport event.

Die Hillclimb is uitgedink deur locals Ian Shrosbree, Chick Ramsay en Francis Cusens.

Shrosbree sê die ding het in 2008 gedurende die finansiële krisis ontstaan. Die plan was om die twee ekonomiese pilare van Knysna – toerisme en construction – te boost.

En nou van daai humble beginnings het deelnemers ’n keuse van 20 klasse – enige iets van classics en single seaters tot supercars.

Laas jaar het die racers 1 406 timed runs teen die heuwel van 1,9 km gedoen in oefenlopies om te kwalifiseer – nogal ’n bietjie meer as die 103 runs van tien jaar terug.

Bywoning het ook van 1 500 tot ’n brullende skare van byna 17 000 toegeneem.

En ek weet hoekom: ’n Mens trotseer soms wind en reën om ’n Chevron B19, ’n March Formula Atlantic, ’n stock standard Lambo V10 of ’n hyper Nissan GT-R (modded tot in sy moer in) at full chat te hoor verby skreeu.

So, join my dié jaar. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie.

En as jy worry oor jou ore, bring ear plugs.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters