Verlede maand
Kleintjies compete
kyk net! Die nuwe Datsun Go en Go+ is ná vyf jaar in die land in ’n shootout bekend gestel. Foto’s:albert bakkes  ~ 

HIERDIE is nie die tradisionele Rev Counter soos jy dit ken nie.

Eintlik ’n interessante eksperiment gekoppel aan ’n sneak preview.

Ná vyf jaar het die Datsun Go (en Go+) ’n much needed upgrade gekry.

Dié budget-karretjie is mos in sy moer geskryf omdat hy amper geen safety features gehad het nie.

Maar die massas het hulle nie gesteur aan wat ons te sê gehad het nie en meer as 600 per maand het die dealerships verlaat.

’n Paar van ons gelukkiges is toe uitgenooi om die nuwe Go vir net so ’n klein tydjie te ontmoet (die eintlike launch kom eers volgende maand).

Dit was gekoppel aan ’n dealership training day hier onder in die Kaap.

En as deel van die training day was daar ’n mini shootout tussen die (nuwe) Go en twee van sy main rivals in die A/B-segment – ’n Renault Kwid en die uiters ougat Kia Picanto.

Onthou, ál drie die karretjies se prys is baie ver onder die R200 bar line.

Die Picanto kan jy byvoorbeeld vir R145 bar optel en die Kwid vir selfs minder (R131 000).

Die prys van die nuwe Go is nog nie bekend nie, maar Datsun se mense sê dit gaan nie veel meer wees as die huidige prys nie (ek dink hulle begin met die base­ model teen sowat R137 bar).

Die rede hoekom die training day dié eksperiment ingesluit het, was om die dealers, en ons, bekend te maak met ál die nuwe safety features wat die vorige gen glad nie gehad het nie.

Daar is nou ABS-brieke, twee airbags, LED daytime running lights (beter visibi­lity vir ander mense op die pad), follow me home lights (wat jy kan time), 14-inch-wiele (pleks van 13-duimers) vir beter grip, roadholding en handling, ’n proximity warning buzzer wanneer jy reverse en retractable safety belts om jou beter vas te hou.

Daar is ook nuwe styling cues, soos die voorste seat se layout (hulle is nou twee volwaardige seats en nie meer een love seat nie).

Daar sal ook ’n touch screen ingesluit word wat jou smart phone sal “mirror”.

En dankie f*k tog die handbrake is nou op die tradisionele plek, tussen die twee voorste seats.

Die shootout was in die vorm van ’n baie tricky mini-gymkhana (daar waar jy tussen die cones deur swaai) in Canal Walk se parking lot.

Ons het die Go en Go+ eerste gery en ál die safety features getoets (natuurlik nou nie die airbags nie).

spasie: Die Datsun slaag die ek-sit-agter-myself-toets.
cheap ’n’ nasty? Die Renault Kwid was gutless.
vernuwing: Die nuwe Datsun se layout voor het heeltemal verander.
fun: Die cute Kia Picanto is steeds ’n hoot om te bestuur.
die wenner: Die Datsun het die overall shootout gewen in terme van bang for your bucks, safety features en nice-to-haves.
slukkrag: Die boot-spasie is genoeg.
verbeteringe: Die Go+ seven seater het nes sy kleiner boetie ’n hele gros safety features en nice-to-haves bygekry.
kies hom? Die Datsun Go kan nou as ’n volwaardige alternatief gesien word in sy segment.
kyk net! Die nuwe Datsun Go en Go+ is ná vyf jaar in die land in ’n shootout bekend gestel. Foto’s:albert bakkes

F*kk*t, maar daai ABS maak ’n moerse verskil wat emergency braking betref!

En in die park en reverse exercise werk die warning system, wel, werklik.

En toe was dit tyd vir die competitors.

Ek het die Kwid eerste gevat.

Wat ’n gutless enjin. Ek moes throttle control tot op die uiterste toepas om enige engine feel te kry en het later tou opgegooi op die second gear.

Die ding se piepklein 13-duimers maak dat my kruiwa beter handle. Emergency braking? Watter emergency braking? Behalwe niks ABS nie, kon ek nooit genoeg grip of spoed kry om vinnig te stop nie.

Hier is dit ’n geval van cheap en nasty.

Die Picanto was nog altyd ’n absolute hoot om te bestuur. All day, every day kan jy dié sit-up-and-beg-brakkie lekker rondgooi.

En in terme van rygenot en daai smile op my dial factor wat so belangrik is in dié segment, was die Picanto die wenner in die kategorie.

Maar, in terme van bang for your bucks, safety fea­tures, nice-to-have-touches, en size, moes ek, en die ander journos, die Datsun die benefit of the doubt gee as die clear overall winner van die shootout.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters