2 maande gelede
Killarney – wéér
g’rrr! Dis monsters soos dié wat mekaar sal drag.FOTO’S verskaf  ~ 

COME one, come all ...

Ek praat mos nou van die k*k en hare wat môre wéér daar by ons petrolkoppe se heiligdom, die Killarney International Raceway, sal waai.

Want daar is sommer three-way action.

Dis mos die vierde ronde van die Drag Racing Series vanjaar – altyd ’n crowd pleaser.

Dan is daar ook die Short Circuit Champion­ships vir liggewig bikes en racing cars.

Oukei, dit ís ’n static ding, maar moet ook nie vergeet van die sound-off competion onder die International Auto Sound Challenge Association se reëls nie.

En onthou, met net één tikket kan jy ál dié aksie geniet.

Terug by die drags.

Daar is mos klasse vir streetcars, modifieds (wat daai mind-blowing supercharged en nitrous-boosted V8-monsters insluit), howling super­bikes, en pro street bikes, wat die quarter mile (402 m) van ’n standing start onder 9 sek. kan klok.

Onthou, elke wenner van ’n klas gaan beslis word net op sy of haar vinnigste sprint van die hele dag, en nie teen wie hy of sy ’n shootout het nie.

op julle merke ... Streetcars en modifieds sal ook deelneem.

Daar is die Yank style Krismisboomligte met ’n timing-stelsel.

Jy moet dus so ’n bietjie weet wanneer om te pop en te trap wanneer daai ligte groen slaan.

Dis om dinge net so ’n bietjie authentic te maak.

In die Short Circuit sal daar shootouts wees vir 150 cc bikes (aparte races vir o. 18’s), super single two strokes (180 cc), four strokes (260 cc), off-road motards­, Class X (lig­gewig powersport machines­), en natuurlik karts en Formula M racers.

En al is dit “short circuit”, is dit ’n hectically complicated baan met die corner, ’n kink, ’n straight en ’n tight infield section. So, dis net reg vir liggewig, ratse bikes en racers. Elke race is net 10 rondes, maar ’n ronde kan minder as ’n minuut duur. Alles balls-to-the-wall stuff vir deelnemers.

Die aksie begin 09:00, maar die hekke word al 07:00 oopgegooi. Toegangkos R80 vir almal van 16 of ouer, R20 vir o. 16’s en gratis vir o. 12’s.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters