Verlede maand
Killarney is oop
kom race: Jy kan môre jou Nissan GT-R monster na Killarney bring om jou staal te kom wys. Foto’s: albert bakkes  ~ 

MY !@#$%^!, waar is my Nissan 50th Anniversary Limited Edition GT-R wat ek onlangs gejaag het?

My kinners, julle moet nou sommer gaan vroeg slaap, al het julle nie ’n GT-R of een of ander Porsche weggesteek in die garage nie.

Want hoor hier, Killarney het sy deure oopgegooi vir street cars.

En daai deure sal sommer oopstaan vir die volgende paar maande.

Maar terug by môre se track event.

Begin

Jou gewone Streetcar Track Day sal mos gehost word in die Old Pits vroeg môreoggend.

Maar die Big Bang kom later die dag, so van rondom lunch, waar daar ’n Performance Car Track Day by die New Pits sal begin – tot laat die middag.

En daai event cater mos vir die lucky bliksems wat moerse sophisticated, high-per­formance karre het en dit nou track toe kan bring.

Balkon

Dis nou nie net om ’n blast te hê en hulleself bang te ry nie, maar om hulle driving skills te verbeter in ’n controlled environment.

En die event word onder meer onderskryf deur die BMW Car Club of Cape Town.

Top racing drivers en instructors van Master­Drive sal daar wees vir one-on-one coaching. Deelnemers sal kan chill daar op die balkon bo die New Pits om die action dop te hou en notes te compare tussen track sessions.

Maar as jy ’n lucky bliksem is, moet jy opskud. As jy wil uitvind of jou monster qualify, moet jy nou vir Terri Philander bel by (021) 557 1639 of mail haar by terri@wpmc.co.za.

En die beste nuus is, jy kan jou wa registreer van 11:00 môre. Documentation sal 12:30 sluit. Dan is daar ’n detailed classroom session van 12:45 af, waarna die drivers in twee groepe verdeel sal word in terme van experience.

Drivers sal R750 betaal en R200 per one lucky passenger.

Dan kan elke lucky bliksem drie 15 minute sessions op die world famous track doen.

Al het jy nie daai GT-R of Ferrari nie, moet jy kom kyk.

Want ek dink die drivers gaan die meeste fun in hulle karre hê met al hulle klere aan in jare.

En ek verwag hier en daar so ’n paar spectacular !@#$%^!, as jy verstaan wat ek bedoel ...

PS: Daar sal ook ’n Street@Strip event wees op Heritage Day, Dinsdag 24 September, genaamd National Braai Day Street2Strip.

Nog twee events is beplan vir die Vrydagaande op 1 November en 6 Desember.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters