5 maande gelede
'Yslike' dag bring smiles

HIERDIE is nie sommer my gewone Rev Counter nie.

Miskien iets meer special as net nóg ’n write-up.

Want dit was toe weer ’n pa-en-dogter-oomblik.

Ja, ek het vir ons kaartjies gekry vir ons heiligdom, die Killarney International Raceway.

Met so ’n klein (en baie groot) verskil.

Want toe bring sy ’n “vriend” saam, en die laitie Logan is toe nét so ’n groot petrolkop soos ek.

Lewensgroot

So, die outing na die GTC Extreme Festival was dus extra special.

Want ten minste het ek twee mensies saam gehad, wat ál die racing kon geniet het.

En ons het enige ding gesien, van ’n lewensgroot, regte, egte F1 racing car (die Red Bull een), tot Logan wat die tweede vinnigste virtual lap time opgestel het op die TGN simulator.

En natuurlik het ons hare omtrent regop gestaan met die gebrul van die Global Touring Cars, die skreeu van die Formula 1600’s en die demoniese howls van die Sports & GT Car categories.

En wat die dag ’n ekstra boost gegee het, was die lunchtime break, waar ál die karre en die bikes van die verskillende categories op die start line op die main straight opgeline het en waar die fans die racers kon ontmoet en sommer aan die karre kon streel en selfies neem.

Niks van die VIP restrictions nie.

Maar laat ek nou ophou praat, en laat die foto’s die eintlike storie vertel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters