2 maande gelede
Kaap bos vir F1
THUNDER: Kaapstad se strate weergalm met die gebrul van die Red Bull F1-renmotor. FOTO’S VERSKAF  ~ 

SONDAG het iets die Moederstad al brullend op horings geneem.

Die Aston Martin Red Bull Formule 1-renmotor om presies te wees.

Duisende mense het die gegrom en geskreeu van dié legende in die middestad gehoor.

Darlingstraat is spesiaal afgesper sodat die F1-kar ’n hele paar drive-by’s kon doen.

En ook nie teen ’n slakkepas nie, hoor, maar teen die werklike F1 speeds wat jy ook op die back straight van ’n properse Grand Prix circuit vind.

Hoe klink speeds van meer as 300 km/h vir jou? En dit was nie al nie.

Agter die stuur van die brullende stier was nog ’n legende – die voormalige Formula 1 driver David Coul­thard.

Dié Brit het 13 F1-oorwinnings en 62 podium finishes agter sy naam.

Hy het van 1994 tot 2008 deelgeneem aan die vinnigste sport ter wêreld.

Die crowds was natuurlik heeltemal bonkers.

En ná die reuse-sukses van die byeenkoms het die Stad Kaapstad ook dié week aangekondig daar gaan straks nog ’n ding op die events calendar kom.

Die Cape Town Formula E Consortium het die Stad mos gekontak met die oog om Formula E in die Moederstad aan te bied.

Die Internasionale Automobiel Assosiasie (FIA) het mos Formula E goedgekeur as ’n klas waaraan net elektriese motors mag deelneem. Die sport is reeds sedert 2014 aan die gang.

Met die hulp van die Stad gaan die consortium dié maand ’n studie doen om vas te stel of dit haalbaar is en om die praktiese aspekte van so ’n move te toets.

Die Kaapse burgemeester, Dan Plato, het gesê hulle sal die inwoners vra om ook hulle input te gee nadat die studie voltooi is.

Volgens die Stad het Kaapstad al gewys sy kan suksesvolle motorsport events aanbied, soos die Rallycross Championship op Killarney en die jaarlikse Drift City op die Parade.

Kom ons hoop dié idee word ’n reality.

Ons is honger daarvoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters