2 maande gelede
Jy hoor engele-kore in Cayenne
verstommend: Die splinternuwe Porsche Cayenne. Niemand doen dit soos Porsche nie.Foto’s ALBERT BAKKES  ~ 

KOM ons vergeet so ’n bietjie die krom, klein en skewe ou voël­tjies – askies – karretjies, op ons paaie.

Let’s go big or go home, soos die Yanks sê.

Ontmoet die splinternuwe-gen-Porsche Cayenne.

Hy share die platform met onder meer die Audi Q7, die VW Touareg, die Bentley Bentayga en selfs die nuwe Lamborghini Urus (almal in dieselfde stal).

Maar waarvan jy nie kan wegkom nie, is dat dit ’n Porsche is. Net ’n Porsche bestuur soos, wel, ’n Porsche. En die bougehalte is nes Porsche dit kan doen.

Hoewel al die bogenoemde brands elite is en elkeen hulle hoogtepunte het, bestorm nie een van hulle die bergpasse en kronkels in die graanlande van die Boland soos, wel, ’n Porsche nie.

Ek het ál drie in die line-up bestuur. Glo my, daar is niks gewoons aan die “gewone” Cayenne nie.

Hoe klink ’n dash time van net 5,9 sekondes vir jou? Met ’n top end van 245 km/h?

Want jy word natuurlik gehelp met net ’n turbo-charged 3 F- V6-petrolenjin onder die tamaai bonnet.

Good to go vir 250 kW krag en 450 Nm torque, alles gekoppel aan ’n auto box nes Porsche dit kan doen.

Helshoogte sal nooit weer dieselfde voel nie en ek het nog flashbacks.

Parmantige

Dan is daar die Cayenne S. Hier sit jy met ’n turbo-charged 2,9 F-V6 wat ge­tweak is om jou 324 kW krag en 550 Nm torque te gee, f*k weet hoe.

Hy het ’n parmantige dash time van 4,9 sekondes en ’n top end van 265 km/h.

verblind: Niemand sien jou eens aankom nie.
verstommend: Die splinternuwe Porsche Cayenne. Niemand doen dit soos Porsche nie.Foto’s ALBERT BAKKES
FLASHBACKS: Selfs die “gewone” Cayenne is ongewoon en Helshoogte sal nooit dieselfde wees nie.
SAW THE LIGHT: In die Turbo het ek my pad-na-Damaskus-oomblik beleef.
SPASIE: Hy het ’n tamaai boot.
holy shit! Een van die smoothest autos wat jy kan kry. Maar switch die dial na Sport+ asseblief. Verblindend vinnig.
PROPVOL: Jy het meer tech as die ou Mir space station.
LUXURY: Natuurlik is dit binne so luuks soos ’n vyfster-hotel.

Die Franschhoekpas is ook met nuwe (miskien benoude) oë bekyk.

En toe breek die tyd aan vir die monster. Die Cay­enne Turbo.

Dié SUV breek die space-time continuum (soos bewys deur Einstein) in stukkies.

Die 4 F- V8 skop 404 kW krag en ’n whopping 770 Nm torque uit. En as jy daar in die twisties duskant Caledon die dial na Sport+ draai, hoor jy die engele-kore.

Ooms in bakkies het werklik nie geweet wat verby gekom het nie, want jy is al ’n hele paar kilometer voor hulle wanneer hulle eers tot verhaal kom.

Die syfers is eintlik net semantics – ’n dash time van 3,9 sekondes en ’n top end van 286 km/h.

My copilot het net so terloops laat val: “Weet jy hoe vinnig jy ry?”

En toe ek na die speedo kyk, moes ek, soos Vrou altyd sê, “calm down to a panic”. Holy sh*t!!!

In al drie het ek spesiale oomblikke beleef en elkeen is ’n bloubloed-Porsche.

Ontmoeting

En onthou, al drie weeg ver oor twee ton, het meer luxuries as ’n vyfster-hotel en meer tech as die ou Mir space station.

Maar daai laaste ontmoeting met die oog op die speedo, was ’n pad-na-Damaskus-moment. I saw the light ...

  • Albert se Rev Count­er: ’n Niemand-doen-dit-soos-Porsche-nie 11 uit 10.

Jy kan my nou maar in ’n vlak graf sit, want ek het die Man Upstairs se hand geskud ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters