7 maande gelede
Adults, dié een is julle
FUNKY: Met die Venue wys Hyundai weer hy kan nie ’n voet verkeerd sit nie.  ~ Albert Bakkes

ONTMOET ’n splinternuwe Hyundai.

Soos ek in die verlede gesê het: Dié brand kan die laaste tyd nie ’n voet verkeerd sit nie.

Never mind sy uitstekende produkte, daar is geen geur van recalls, karre wat spontaneously combust, verneukery met diesel emissions of korrupsie wat ’n CEO in die tronk laat beland nie.

Terug by die produk: Die Venue is ’n compact crossdresser.

Nou, laat ek sommer begin met die olifant in die kamer: die naam.

Dink aan die Tucson, die Kona, die Creta en die Santa Fe. Dis almal die naam van ’n plek of streek. Of reeksnommers soos die i10, die i20 of die i30.

So wát, moes ek by die launch vra, het hier gebeur? Die Venue is, wel, in ’n venue gelaunch.

Die arme Koreaanse gentleman wat my vraag moes beantwoord, het gesê dit moet vertolk word as ’n venue, soos in ’n baie spesiale plek.

Toegerus

Miskien is dit lost in translation?

Terug by die Venue.

Daar is drie derivatives: die baseline Motion (daar is ook ’n mid-range manual), die mid-range Glide (dual clutch transmission auto) en die top spec, Fluid (ook net in DCT).

Almal is toegerus met die 3-pot 1F TGDI turbo petrol unit.

Dit is good to go vir 88 kW krag en torque van 172 Nm.

Klink swakkerig op papier, of hoe?

NUUT: Só lyk die Hyundai Venue, ’n nuwe compact cross-dresser.

Maar die manual six box het al my en my co-pilot, Cyril se, wel, boxes getick.

Deur die twisties van Sir Lowry’s, die Franschhoek-pas en Helshoogte het die very rev-happy enjin gevra om met die snappy clutch en quick gear changes gedruk te word.

Dis amper ’n perfekte combo vir happy driving.

Ek en Cyril is albei ou grysbaarde in die motoring game. Jy sou nou dink ons sal die auto verkies – vir carefree driving.

Maar ons het saamgestem: Dié dingetjie het ’n siel. Dis ’n ware “sit up ’n’ beg”-brakkie wat mee gery wil word.

Never mind die flat ride. Daai involvement is steeds belangrik, selfs vir twee middeljarige mans.

En toe klim ons in die auto.

En toe voel ons heel soos grown-ups.

Daar is regtig niks verkeerd met die box nie. Dit bied smooth shifts wat die power op die plek kry waar jy dit nodig het.

Dis ’n breeze in traffic. Maar dit involve jou glad nie, nie soos die shifter nie. Dit zip nie jou kop oop met ’n smile op jou dial nie.

Leer

Dis ’n kar vir grown-ups, dié. Jou ma se kar.

En kyk na die chunky design language: three-tier bumper, LED ad-ons en die cute gat met daai anderste gatliggies. Dit skreeu funkiness, speelsgeid, happiness.

Die binneruim weerspieël ook bogenoemde. In die mid- en top models is nice-to-haves soos die infotainment/connectivity combo met sy eie screen. Soos in omtrent al die Hyandais kan jy dit met jou smart phone mirror.

NICE TO HAVE: Kyk na die infotainment/connectivity combo met ’n touch screen. Jy kan dit met jou smart phone mirror.

En, dankie tog, hulle het geopt vir materiaalbekleedsel en nie leer nie.

In die somer is leer hel op jou kroonjuwele – en op jou fuel consumption. Jou air-con werk oortyd omdat die heat retention met leer of pleather so hoog is.

Bang

Gepraat van fuel consumption: In die oorwerkte manual het ons ’n average van 6,1F/100 km gekry, teenoor 7,2F in die auto.

Verder kon ek my 6 voet agter myself inkry, maar Cyril is 6 voet 4 lank – so, dit was maar beknop agter.

Die werkbare boot kan 350F kan sluk, met ’n full- size spare.

Hier wys Hyundai weer, naam ten spyt, ander manufacturers moet bang wees.

Hy shade hoeka Volkswagen se T-Cross deur te sê: “Don’t cross your T’s just yet.”

    Albert se Rev Counter: 8 uit 10 (manual). En ek like nie eens cross-dressers nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters