7 maande gelede
Dié Tucson is 'n bielie
JOKER: Die Hyundai Tucson 1.6l turbo­petrol N-Sport is seer sekerlik die mees insane kar wat ek tot dusver vanjaar bestuur het.  ~ Albert Bakkes

EK HET die beastly Nissan GT-R vroeër vanjaar “in anger” bestuur. En ’n hele paar Porsches baie kwaad bestuur. Selfs ’n Jaguar F-Type.

Insane, ja, maar in ál die bogenoemde gevalle is die goed só over-engineered, verstommend vervaardig en erg op dynamics ingestel dat die insanity as ’n controlled explosion plaasvind, pleks van totale swivel-eyed looniness.

Maar ek het nooit kon dink die mees insane kar wat ek vanjaar tot dusver bestuur het, gaan ’n SUV wees nie. Of die badge­ dra van ’n brood-en-botter brand genaamd Hyundai nie.

Glo my vry, Hyundai kan deesdae nie ’n voet verkeerd sit nie. Maar die (ietwat) konserwatiewe Koreaan is mos nie veronderstel om jou panties te laat drop en jou rompie te laat opwaai nie, of hoe?

En toe klim ek in die Tucson N Sport- (silent N weens copyright reasons) 2F-turbodiesel. En toe loop alles reg. Vir ál die “verkeerde redes”, is ek happy om te sê.

Ek was absoluut mal oor die loony ding. Maar toe fluister iemand in my oor: Wag totdat jy agter die stuur van sy “kleiner” boetie, die 1.6F-turbo­petrol, inklim ...

And my wish came true this week.

Holy !@#$%^! Nee, o !@#$%^! Help my, (insert deity of choice here)! So het dit die hele week gegaan.

Om die ding as batsh*t in­sane op te som, is so ietwat van ’n understatement.

JY WIL: En dan channel jy sommer jou eie Joker.

Vat ’n groot front-wheel drive, front-engined SUV en sit ’n Stage 1 Performance enhance­ment kit op. Dis daai een met die stywer suspension setup (MacPherson struts met stabiliser bar en coil springs voor, en ’n multi-link met coil springs en anti-roll bar setup agter), die racing quad exhaust pipes, side sills en oversized 18 inch- swart wiele.

Chip sewe soorte !@#$%%^ uit die enjin uit. Good to go vir 150 kW krag en 300 Nm torque wat jou ’n dash time van net 8.something sekondes gee, en wat eers ophou teen 200 km/h.

Koppel dit dan boonop aan ’n uiters vinnige dual clutch transmis­sion.

En by my secret testing facility? All bets were off.

Die power is só immediate dat jy dán oversteer, dán understeer en dikwels sommer torque steer gekry het. En ek weet dis fisiek onmoontlik, maar dit het partykeer gevoel asof ek sommer ál drie tipes op dieselfde tyd gekry het.

Ietwat schizo ...

Tronk

Dit maak vir interesting pull-aways, veral met die Sport-knoppie diep ingedruk.

Die dieselboetie het omtrent so smooth gevoel soos, wel, ’n Porsche.

Die petrolboetie voel soos daai boetie wat inevitably in die tronk gaan sit – dis net ’n kwessie van tyd. Of jou saam na Pollsmoor gaan sleep – dis óók net ’n kwessie van tyd.

Ek dink dit het te doen met die feit dat die diesel unit sommer heelwat swaarder moet weeg as die petrol unit. So, jou neus is swaarder. So, met ál die krag na die voorwiele voel jy meer planted.

Die veel ligter petrol unit laat die steering meer squirrelly voel. Wel, eintlik soos ’n eekhoring op tik.

Wheelspin? Check. Tyre spin? Check. Amper airtime kry as jy versigtig wil re­verse? Check.

Jy kan seker dink ek skiet die Tucson silent N-Sport-turbopetrol af.

Inteendeel. Kies die diesel as jy Batman wil wees en in die mark is vir ’n hot(tish) SUV.

Maar as jy ’n vet !@#$%^ vir die wêreld wil skreeu, kies jy die tronkvoël, die Joker.

  • Albert se Rev Counter: ’n Hilariously scary 8 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters