Verlede maand
Hou werkplek en sitplek perfek
konsentreer: As ek in sekere toetskarre ry, moet ek die cabin net so verstel dat ek op my eintlike werk kan konsentreer – om ’n kar te toets en nie toelaat dat klein irritasies naderhand oorneem nie. Foto’s ALBERT BAKKES  ~ 

JY WEET mos, as jy ’n klippie in jou skoen het, is daai klippie naderhand so groot soos Tafelberg in jou kop.

Dis naderhand ál waaraan jy kan dink.

Of in die middel van die nag as ’n hond knaend begin blaf, is dit naderhand ál wat jy kan hoor. En dan kan jy ook nie slaap nie.

Dit werk so ook in die kantoor. Jy is besig om ’n storie te skryf, maar die skoonmaker het jou stoel se settings verander of skoongemaak, en daarmee die “chaos” wat jou werkplek is, so verander dat jy nie die belangrike dokumente vir die storie kan vind nie.

So, al waaraan jy kan dink, is die dokumente en jou seer rug (weens die dwaasheid van die jeug wat jou uit perfectly good aeroplanes laat spring het) en oor jou seat se setting verander is.

Man

Jou konsentrasie is in sy moer en jy sukkel met die storie net voor die deadline.

Ek het jou dalk al die idee gegee dat ek net in ’n nuwe toetskar spring, hom start en daar gaat ek. Ek is mos ’n man en het g’n padkaart of manual nodig vir enige iets nie.

Ja, en baie keer doen ek dit so. Maar soms het jy so ’n bietjie van ’n aanloop en ’n setup nodig voordat jy waai.

So, nes in my kantoor, stel ek die seat net só.

Want weens die kromming van my ruggraat kan 15 minute in die verkeerde setting van ’n car seat soos 15 jaar in ’n tronksel voel.

Ander goedjies soos die posisie van die stuurwiel, die radio settings, die aircon (te warm of te koud), die posisie van die truspieëls, die setting van die infotainment, satnav en connectivity combo kan later lewensgroot goed in my kop word.

Dan kan ek nie op my eintlike werk konsentreer om ’n kar te toetsbestuur nie.

En dan maak daai klein goedjies dat ek uiteindelik ’n klomp k*k skryf.

Die ou mense het mos tereg gesê dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel en ál daai.

Raserny

Jy moet onthou, ’n toetskar se cabin is eintlik my ander kantoor.

Ek moet maar so bietjie anal retentive wees om produktief te wees. Puntenerig tot op die punt van raserny vir ander mense in die kar saam met my.

Maar ek dink die attention to detail het al my gat so ’n paar keer gered. Nie noodwendig van smashes nie (maar die settings van die truspieëls het ’n rol gespeel om my van my blindekol te red).

As jou konsentrasie naderhand net op die rattle in die linkerdeur se paneel gerig is, fokus jy mos nie eintlik op die ander ass­holes op die pad of die kar se eienskappe nie.

Maar dit het ook ’n invloed op hoe die eindproduk, die storie self, lyk.

So, die mense wat nou al jare saam met my in karre ry (my broer, ma, dogter en Vrou) het nou al daarmee vrede gemaak dat ek so ’n bietjie van ’n pyn in die agterent is wanneer dit my toetskarre kom.

Moet nooit die seats verander, aan spieëls torring, settings op die radio/infotainment/satnav/connectivity combo verander nie. En voordat ek die volgende storie skryf, laat ek net gou eers die klippie uit my skoen haal ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters