Verlede maand
Hou motorpremie só laag
Versigtig: Daar is verskeie maniere om die maandelikse premie vir jou kar se insurance te verminder. Een van hulle is om nie soos ’n idioot te ry nie. Foto: Avvostories.com  ~ 

OUKEI, jy het mos die slim ding gedoen en motor­versekering vir jou wa gekry.

So, al betaal jy jou gat af aan die maandelikse premie het jy darem ’n bietjie vrede in jou siel.

Maar wat as ek vir jou sê jy moet elke jaar ’n bietjie rond shop vir ander insurance?

Dit is een van vele maniere om jou premie laag te hou en dit selfs laer te kry.

Barend Smith van MotorHappy sê shopping around is ’n móét, want die bietjie ekstra admin spaar jou heelwat.

MotorHappy bied motor management solutions en car insurance options.

Case in point: Dinge in jou lewe verander. Jy het voorheen in ’n plek gebly waar die crime rate moer hoog is.

Nou het jy getrek na ’n secure complex waar jou kar veilig en onder dak staan. Die versekeraars sê jou risikoprofiel het verander. Dit kan jou maandelikse premie laat drop as jy jou versekeraar verwittig.

Maar soos ek onlangs gesê het, moenie jou insurer of nuwe insurer probeer bedonner nie. Speel oop kaarte – of huil later daaroor.

Daar is ook ’n paar ander maniere om jou premie te beïnvloed.

Neem ’n advanced driving course wat deur insurers erken word. Met so ’n certificate sal die meeste insurers jou sien as ’n safe driver en nie ’n risiko nie. Dit kan tot ’n laer premie lei.

En bestuur versigtig. Hoe meer jy eis vir dings, scratches en fender benders, hoe hoër klim jou premie.

Laat installeer ’n tracker in jou kar.

Smith sê jou premie behoort te sak, want die kanse is baie groter dat jou kar teruggevind kan word as dit gesteel of gehijack sou word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters