Verlede maand
Hou jouself alive
KYK DAARNA: Jou tyres is lewens­belangrik.  ~ iSTock Image

MAAK jou hand reguit met jou vingers reguit en styf teen mekaar­.

Kyk nou na die palm van jou hand. Die rule of thumb is (all puns intended) dat jy nou kyk na die oppervlakgrootte van jou tyre ten alle tye in kontak met die teer.

Jip, dis ál grip wat jy het van jou average tyre.

So, daai handpalm (X 4) is ál wat jou hou tussen die aarde (agter die stuur) en die hiernamaals.

So, om na jou handpalm te kyk, is dus lewensbelangrik.

Hier’s ’n paar lewensbelangrike tips.

Hoe diep is die groewe (die thread) op jou tyres?

Daai thread is sommer uiters belangrik, want dit squeeze die water weg van die tyre vir meer grip in die reën.

Onthou, “semi” slicks is miskien ’n sexy racing term, maar in the real world is dit dodelik in die reën.

Die rule of thumb met thread depth is so ’n vuurhoutjiekopdiepte op die minimum.

Anders loop jy die risiko om te aquaplane en uit te spin.

Afloop

En wat is jou banddruk? Onthou, as jou tyres te pap is, maak die grip-oppervlak so ’n “boog” met die kontakpunte aan die buitekant van daai handpalm.

Nevermind die grip-oppervlak wat dan oneweredig op die buitekante van jou tyre afloop nie. Daai under inflation beteken ook die tyre wall kan flex ... tot só ’n mate dat die risiko bestaan dat jou tyre selfs van die wiel kan afklim tydens harde cornering.

En dan is daar ook die probleem van over-inflation.

Dan is jou kontakpunt gekonsentreer op die middel van die band ... en jou handpalm nóg kleiner.

So, grip-vlakke gaan by die venster uit. En wear and tear op die middelste kontakpunt vererger sommer baie vinnig, met ’n bald patch wat begin op die middel van die grip zone.

En laastens: Bly asseblief weg van retreads as jy kan, sowel as cheap no name brands op die latest special.

Gaan liefs na erkende tyre brands wat ál die safety tests oor en oor ondergaan het, as jy kan.

Dit kós, ek weet, maar jy gaan my later bedank, trust my ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters