Verlede maand
Honda se nuwe Amaze amaze effe
splinternuut: Die nuwe Honda Amaze, die baby Brio se plaasvervanger.Foto’s: albert bakkes  ~ 

DIS nou amptelik. Die beminde Honda Brio (die baby in sy line-up) kom nou aan die einde van sy production run ... en tree nou af.

Terloops, gepraat van aftree, die Brio was en is baie bemind onder die blue rinse crowd.

So, toe ontmoet ek die nuwe Amaze, die Brio se replacement in die oorvol sub B segment.

Die Amaze is nie as ’n hatch beskikbaar nie, maar dit maak sin, want die Brio se boot is useless.

Honda vertel my dis van die grond af op splinternuut.

Kom ons kyk eers na die facts ’n figures. Daar’s twee equipment levels – die Trend en die Comfort.

Die entry level Trend kom net met ’n vyfspoed manual, maar in die Comfort kan jy vir ’n CVT box of ma­nual spec.

design: Ek like die aggressiewe neus en miskien die flanke.

Maar albei word deur die 1.2-liter four pot i-VTEC petrolenjin aangedryf, good to go vir 66 kW krag en 110 Nm torque.

Dit beteken ’n dash time van 12.something sekondes­ met ’n so-so topspoed van 160 km/h.

Maar in dié segment soek jy nie ’n performance kar nie, eerder value for money en bang for your buck. En hy is ook nie dors nie, met ’n claimed combo van net 5.6 liter/100km. Wat ek en my co-pilot op die toets ook gekry het.

Alles rus op 15 duim rubber, met ’n suspension setup met MacPherson struts voor en ’n tortion beam setup agter.

Honda sê ook die suspension is stywer gemaak, en dit het gewys deur die twisties op die Rooi-Els-pad op pad Pringlebaai toe, met ’n baie flat ride.

Die hele ding weeg net 900 kg, wat jou lekker nimble handling gee.

Die Amaze is 5 mm langer as sy Brio-boetie en 15 mm breër, maar die wheelbase het met 65 mm gegroei, wat maak vir korter overhangs en meer spasie binne­.

Flanke

Ek kon met ander woorde agter myself sit.

nope: Sien wat ek bedoel met die hol?

En dan is die boot ook groter, want hy kan nou 420 liter sluk (20 liter meer), wat Honda die beste in dié segment noem.

Ek like die aggressive design language van die neus, en miskien die flanke ook.

Maar die kar na agter lyk wragtig of dit ’n skop in die hol gekry het.

So asof die designers so na agter toe ’n lunch break gevat het, en net nie teruggekom het om klaar te maak nie.

Maar bygesê, in dié segment lyk ander sedans maar meestal óók so, so asof die boot ’n amperse add-on is.

Binne kom die seats met wat hulle noem smart cloth upholstery as standaard.

Maar Honda belowe jy kan op spec na “genuine Honda synthetic leather seat covers”, free of charge nogal.

My mening, bly weg van daai plastic fantastic, want ek en my co-pilot het gevind dat die dik covers die support van die seats baie verminder, die flat ride ten spyt.

Die manual box was snappy en te same met die gewillige enjin het dit gemaak vir ’n rev happy rit.

Teen dié tyd weet julle nou al hoe ek oor f*kk*n CVT-bokse voel en hierdie een het ook nie teleurgestel nie.

Nie die slegste wat ek al ooit beleef het nie, maar dit was maar ook ’n hunt ’n peck, drony affair, veral in die Sport setting.

Maar ek verstaan ook die ou mensies wat die ding gaan koop of die first time buyers nie ’n f*k gaan omgee oor wat ook al ek van die CVT gaan sê nie.

En natuurlik is daar die connectivity/radio/entertainment suite en die tipiese bougehalte wat al jare Honda se trademark is, al word dié een in Thailand gebou en nie Japan nie.

Maar hier’s die eintlike rede hoekom ek dink die ding is ’n wenner: Jy kan ’n Honda Trend koop vir R179 900, of die Comfort manual vir R193 900, en die top of the line Comfort CVT (wat jy nie moet koop nie!) vir R208 900.

  • Albert se Rev Counter, ’n Lelike gat, maar dis ’n Honda 7½ uit 10.

Honda belowe ook bling accessories soos ’n drukfin (huh?) en silwer trim oral, maar dit kos ekstra en as jy grys is, gaan jy net vrek tacky lyk ...

tacky: Dié bling gaan jou ongelukkig ekstra kos.
Nee! Bly weg van daai plastic fantastic covers wat hulle verniet sal install.
best option: Kies eerder die gewone fabric covers vir binne.
Honda vibe: Dis ’n tipiese Honda cabin hierdie.
practical: Maar daai lelike hol is darem prakties, want dit versteek ’n boot wat nou 420 liter kan sluk.
design: Ek like die aggressiewe neus en miskien die flanke.
Unfinished business: Maar die gat not so much. So asof dit ’n add-on is.
nope: Sien wat ek bedoel met die hol?
gegroei: Die Amaze is groter en langer as sy Brio-boetie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters