2 maande gelede
Ai, daai boks...

EK HET met bakkies grootgeword en myself in hulle leer bestuur toe ek ’n laitie was.

Kom ek wees nou maar eerlik: Ek verpes die goed, soos julle nou teen dié tyd al weet.

Want anders as in die era van die dinosaurs word die goed lankal nie meer gebruik vir wat hulle eintlik bedoel is nie.

Ek dink nie 10% van bakkies in die land word ooit vir boerdery gebruik nie.

En ek hou nie van crossdressers nie, want 90% van hulle is ’n fashion statement en sal nie 10 minute in die bos hou nie.

Stasiewaens

Hulle is ook vrek duur en in baie gevalle nie lekker om te bestuur nie, want op hulle hoë hakke het hulle ’n vrek slegte body roll.

Nee, ek kom nou uit die kas deur te sê my gunsteling-karre is stasiewaens.

En wanneer ek nie ’n stasiewa kan kry nie, is ’n sedan volgende op my wish list.

So, ek het vrek baie uitgesien na die nuwe Honda Civic-sedan.

En dié een was maar die beskeie 1,8l Ele­gance, nie daai top-of-the-range Civic Sport-nommer nie.

Kyk na die foto’s en waardeer daai absolutely gorgeous lyne.

Dit praat Honda se universal design lan­guage, geskoei op die konsep en skoon lyne van origami (Japanse papiervoukuns).

Ja, daai Japanse kuns “that gives form to the imagination. One piece of paper holds limitless possibilities.

“A crease is left after a fold. Every crease signifies Honda developing its technologies.”

Binne-in is daar ook tekens van “beautiful creases” en “form follows function” met ’n skoon en verstaanbare facia.

Die connectivity-infotainment combo met sy eie 7 inch touch screen het nie ’n sat nav nie, maar dis fine – dit maak die kar net duurder en jy het after all ’n smart phone wat jy kan mirror.

Leer en soft-touch materiaal is orals.

Daar is ook hope spasie agter vir passasiers en een tamaai boot wat 430 l kan sluk.

Absorbeer

Die suspension setup is MacPherson struts voor en multi-links agter. Dit rus op 17 duim-wiele, wat sorg vir ’n wafty, gladde ride.

Die dampening system absorbeer alle ongelyk­hede van die teer.

Daar is Eco, Comfort/Normal en Sport driving modes. Met die eerste oogopslag daarvan het ek natuurlik die laaste setting gekies.

Soos dit enige iets uit die Honda-stal betaam, is veiligheid ook top notch.

Benewens die hope air bags is daar natuurlik die hele alfabet-sop van safety features soos ABS, EBD, EBA, VSA, auto brake hold, HSA, AHA, LaneWatch, TPMS, active cornering lights en ACC, met LSF, LDW (om jou in jou baan te hou), LKAS, RDM ...

Die lys is lank, maar gelukkig kan jy baie van die goed afskakel, want van hulle kan nogal baie irriterend raak.

Dit was egter nie my grootste probleem of let-down nie.

Onder daai beautiful bonnet sit ’n fuel-injected 1,8l-viersilinder-enjin, good to go teen 104 kW skop en 174 Nm torque.

In die real world bied dit jou ’n dash time van 10,4 sekondes en ’n taamlike eye-popping top end van 200 km/h.

Wat het jy dan nou meer nodig?

Maar waar daai pragtige allooiwiele ongelukkig vir my heeltemal afval, is die CVT-boks waaraan daai enjin gekoppel is.

Stupid

Ek is in die algemeen nie ’n fan van dié sh*tty goed nie, maar sekere vervaardigers begin dit nou al regkry om daai drone en clueless gear selection te verbeter.

Wat Honda met die boks gedoen het, is om ’n stunning, beautifully-made statement-sedan stupid te maak.

Maak nie saak hoe ’n mens aan daai paddle shifters agter die stuurwiel pluk nie, daai boks met die CVT binne-in bly hom eenvoudig net stupid gedra.

Albert se Rev Counter: 7 uit 10 vir ’n stunner met ’n stutter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters