2 maande gelede
Hier’s gróót fout – hou op lieg oor Kaap se wêreldstad-status
 ~ 

VIR die soveelste keer kom ek weer teruggevlieg van daar bo in die Noorde. En dié keer sommer op ’n vroeë vlug.

En waar dit maar bruin en stowwerig was daar bo in die hart van die winter, was dit tog so mooi om die eerste keer in ’n lang tyd die groen van die Wes-Kaap te sien ná al die goeie reëns.

Daar was tot knoppies wit op die pieke op pad na die Kaap terwyl die vliegtuig daal vir sy landing.

Die geel van die canola-velde en die berge ontvou so onder jou met die see in die verte. Die average toeris of local besoeker kan werklik dink die Capies woon darem in ’n paradys.

Totdat die vliegtuig so bank oor Valsbaai vir daai final approach.

En dan kyk jy by die venster uit en die mense oooh! en aaah! en dan flits iets in jou oog.

Die weerkaatsing van die flou winterson op ’n splinternuwe sinkplaat in die see van geroeste sinkplate in ’n informal settlement.

En dan besef jy as Capie (wat bevoorreg genoeg is om gereeld te vlieg) dat hier een moerse fout is met hierdie prentjie.

Vir honderdduisende mense is Kaapstad so ver van ’n paradys af soos die maan.

En die kanse dat hulle omstandighede enigsins gaan verbeter, is ook omtrent so ver soos die maan.

F*kk*l gaan help en hulle weet dit, al belowe die Stad die maan aan hulle.

In die winter verspoel en oorstroom hul “wonings”.

Of brand af. Want daai arme mense sal enige iets doen teen die koue.

En dit sluit gewoonlik een of ander vorm van ’n oop vlam in.

In die somer waai die Suidooster hulle “wonings” vol stof en word elke gehuggie ’n bakoond.

Slimkoppe sê mos ons land het die grootste ongelykheidsvlak tussen ryk en arm.

En niks wys dit so duidelik soos die prentjie uit die venster van ’n vliegtuig bo Kaapstad nie.

Die stad moet seker die grootste ongelykheidsvlak in die land (en dus, die wêreld) hê tussen die haves en have nots.

En daarom kners ek so hard op my tande dat my vulsels wil uitval as die Stad homself wil verkoop as ’n wêreldstad.

Never mind die f*cked up verkeer.

Never mind die onlangse water-scare en Day Zero.

Ons is nie ’n wêreldstad nie, asseblief.

Ons is ’n stad van skreiende ongelykheid en ongeregtigheid. Don’t bullshit people­...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters