26 dae gelede
Hierdie vaaljan kán!
Verbasend: Die Mitsubishi Eclipse Cross het my ’n bietjie middeljarig laat voel.Foto: ALBERT BAKKES  ~ 

ALL grown up. Of miskien net middeljarig?

Dis hoe ek gevoel het toe ek in die grys Mitsubishi Eclipse Cross crossdresser klim. En om by al die grys te pas, was daar ook nog ’n CVT box wat vir my gewag het.

So, op die oog af het ek ook gedink in dié kar sal dit maar vir my ’n grys week wees.

Julle weet eerstens hoe ek oor crossdressers voel.

Oor die algemeen is hulle (met daai alewige body roll) stupid om te bestuur, want hulle het ’n doodnormale kar gevat en hom op stiletto’s gesit. En in die meeste gevalle kan die goed nie eens sypaadjies klim nie, al lyk hulle hoe butch.

En julle weet hoe ek oor die sh*tboxes voel. Maar dis ’n Mitsu, so ten minste het ek geweet hy gaan nie breek nie, nè?

Deesdae sit dié company nie ’n voet verkeerd nie.

Kom ons kyk gou eers na die facts and figures.

Anders as sy boeties met hul 2F- naturally aspirated fuel-injected petrol-units (daar is ’n 4x2 GLS en ’n AWD GLS), kom die top-line GLS uit met ’n 1,5F turbo-charged Mivec DOHC 16-valve viersilinder-petrol-unit. Net in 4x2 mode.

Good to go vir 110 kW krag en 250 Nm torque.

En natuurlik is alles gekoppel aan ’n 8-step CVT (met ’n sport mode?).

Nekhare

Vir die eerste paar dae het ek, wel, grys gevoel.

Niks verkeerd met die kar nie, maar my nekhare het nie enigsins gerys as ek net na die Eclipse gekyk het nie (in grys) en ek het nie enige verskoning gesoek om in te klim en die twisties in te vaar nie.

Dis ’n van-punt A-na-punt B-tipe kar.

Daar is nice-to-haves: ’n moerse screen vir jou infotainment/connectivity/sat nav combo), leer oral en ’n telescopic steering setup met ’n hele klomp controls op die stuurwiel.

En dan die paartie-trick: ’n Heads-up display op ’n screen wat voor die driver uit die dash pop om goed soos jou spoed aan te dui.

Ek het egter nie soos ’n fighter pilot in ’n jet gevoel nie, veral nie as die tannie in die dash my gemaan het ek’s oor die speed limit nie. En ek het nie ’n clue gehad hoe om haar stil te maak nie.

Toe gaan tel ek my favourite co-pilot, Mila, op en gaan ry ’n ent, al is dit net om myle op te sit en ná die helse lockdown so ’n bietjie te gesels.

Toe vra sy of ons nie ook op ons secret testing facility kan gaan speel nie – die twisties op die agterpaaie van die Swartland.

En toe maak ek maar so. Met so ’n bietjie van ’n verskil.

Ek slaan toe die drowny CVT box in sport-manual en gryp die shifters agter die stuur vas.

En toe? Toe voel ek so ’n bietjie soos ’n fighter pilot, want toe voel ek nie meer so grys nie.

Die cross-dresser het, ook volgens Mila (en sy ken karre en haar pa se gemoed baie goed), ’n amazing flat ride, al druk jy hom hoe hard. En jy kan red line met die CVT box in samewerking met die shift­ers.

Ná ’n paar ure van speel het ons albei die Eclipse van ’n aanvaarbare-maar-nie-juis-opwindend-nie 7 uit 10 na ’n 8½ opgeskuif.

Ander skrywers kla oor daai weird gat met ’n crossbeam reg in jou line of site. Ek, op die ou end, nie. Daai design language is dalk die enigste indication van die Eclipse se jet fighter-streke. 

Verbasend: Die Mitsubishi Eclipse Cross het my ’n bietjie middeljarig laat voel.Foto: ALBERT BAKKES
huh? En na ek eers so ’n bietjie werklik gaan speel het, nie meer so grys gevoel nie.
agro: Moenie dat al die grys jou flous nie. En die taamlike agro design language wys eintlik waartoe die wa in staat is.
sluk: Jy het ’n tamaai boot en ’n full size spare.
lux: Daar is leer oral.
spasie:En genoeg space agter. Het egter nie van die plat sitplekke gehou nie, verl nie na ek gaan speel het nie. Want toe besef ek die kinders agter gaan rondskuif.
lekker goed: ’n Hele paar nice to haves kan in die cabin gevind word. Tot ’n Heads Up Display vir die driver.
  • Albert (en Mila) se Rev Counter: ’n ver­basende 8½ uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters