3 maande gelede
Haal jou bril af
Reality check: Die Porsche is nie regtig ’n voorbeeld van ’n real world-kar vir real world-mense nie.FOTO’S verskaf  ~ 

NOG ’n week, nog ’n launch.

Maar hierdie een is eintlik baie spesiaal.

En nee, nie noodwendig oor die kar nie. Sorry.

Nee, dit was eintlik wat op die launch gebeur het wat dit vir my spesiaal gemaak het.

En nee, nie omdat ek ge-crash het nie.

Daar ry ons toe so ’n middle of the road looker, met ’n middle of the road-enjin, met middle of the road handling en middle of the road-afwerking.

Met ander woorde, ’n middle of the road-kar.

En onmiddellik begin ek so ’n bietjie foam at the mouth oor hierdie ding daar in die twisties van een of ander bergpas.

“Gutless!” skree ek, so ’n bietjie rooi in die gesig, want ek kan nie by ’n bakkie verby kom nie.

“H”, my co-pilot, kyk maar net beleefd voor hom en bly stil.

“F*kk*t!” skree ek weer later aan die ander kant van een of ander bergpas.

H bly weer net stil.

Toe ons weer een of ander bergpas tackle en ek weer bef*k raak, sê H stil-stil dat ons miskien ons brille moet afhaal.

En toe tref dit my soos ’n weerligstraal, die light bulb gaan weer af en ek beleef (weer eens) ’n Damaskus-oomblik daar op een of ander bergpas.

Tussen my en H het ons sekerlik byna ál die sportskarre, hiper­karre en ander spesiale goed reeds bestuur.

Ons is albei hardebaarde in die game van motoring journalism.

Miskien het ek (ek weet nie van hom nie) so ’n bietjie jaded geraak oor my job.

Miskien het ek vergeet dat ons in ’n game is wat nie deur 99% van die bevolking gespeel word nie.

We happy few, we band of brothers hardloop met die engele as dit kom by karre, perfor­mance, dynamics, stats, prys en wat ook al.

Die res van die mense wil net ’n reliable kar hê wat hul sak pas, hulle en hul gesin in veiligheid van Punt A na Punt B sal neem en hulle nie heeltemal bankrot sal maak by die pompe elke keer wanneer hulle vol maak nie.

Hulle wil ook nice to haves in die kajuit hê om die rit gemaklik te maak.

F*k my take op performance, dynamics, stats, prys en al die ander goed.

Want dis nice om te lees, liewe Albert, maar in the real world is dit omtrent so relevant soos ’n fiets vir ’n vis.

Liewe Albert, as jy oor real world-karre vir die real world-mense skryf, haal asseblief jou motoring journo-brille af.

Want dis nie een of ander super relative droomkar vir jou nie, Albert, maar ’n droomkar vir ons.

Ja, ek weet H het nie al die bogenoemde goed saggies in my oor gefluister nie.

Dit was toe maar net die stemmetjie in my kop.

Maar af en toe moet jy so ’n bietjie in die bek geruk word en so ’n bietjie tot stilstand kom die realiteit in.

Al is dit deur ’n stem in jou kop ...

PS: Die Renault Sandero Stepway is ’n goeie voorbeeld van ’n real world-kar vir real world people.

Die Porsche is nie regtig nie ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters