5 maande gelede
GTI 7 nou ’n spoedbom
SJOE! Dié GTI 7 lyk goed en het spoed.Foto’s: SOUTHERN STANCE  ~ 

NISHAAD Delwaria het sy Volkswagen GTI 7 in ’n spoedbom verander.

Nishaad was voorheen al in Son, maar dit was lank terug toe die man nog in ’n Golf Mk1 geskud het. Nou het hy ge- upgrade na ’n GTI 7.

“Ek moes iets meer reliable kry, maar meestal gaan dit nou oor die spoed,” sê hy.

Nishaad het sy gewone GTI, wat ongeveer 162 kW uitskop, ge­revamp met verskeie enjin-mods wat ander pistons, conrods en ’n 722H-IS38-turbo insluit. Hy het ook software en sy exhaust deur APR laat doen.

Met nog ’n paar ander goodies by, skop die kar nou ongeveer 300 kW uit. Dit is amper dubbel die gewone kar se krag, maar Nishaad sê as gevolg van die software voel jy dit net wanneer jy hom woema gee.

HET STANCE: Hy sit lekker laag, as hy moet.
GEE HOM GAS: Hy lyk nes ’n renmotor van binne.
NET GENOEG: Klein veranderings is wat deesdae die koppe laat draai.
KAN ALLES DOEN: Op die pad kan die kar cruise en laat loop as hy moet.
KYK WEER: Jou GTI het nie so ’n wing nie.
SAG: Gemak is ook een van die redes waarom GTI’s so gewild is.

“As jy die kar normaal bestuur, sal jy nie die verskil voel nie, maar sodra jy jou voet neersit, is die verskil tussen ’n gewone GTI en myne duidelik.”

Daar is natuurlik nie net aan die enjin gekrap nie. Nishaad het ook ’n paar custom mods op die kar om sy GTI uniek te laat lyk.

“Ek het custom splitter voor en wing agter. Die coilovers is ook aangepas om die kar te laat sit, maar ek kan steeds na die renbaan gaan as ek moet. So ek kry die beste van alles.”

Nishaad sê hy het nie vergeet van sy dae in die Mk1 nie en kan moontlik weer ene uittrek, maar net as ’n projek om aan te werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters