2 maande gelede
Gooi gemors weg
maak skoon: As jou kar binne vuil is, dink net hoe lyk jou brein. Foto: aliencarcare.com  ~ 

EK HET nou die aand van my oorle’ pa gedroom.

Hy het altyd gesê as jou kar vuil is (buite, maar veral binne), dink net hoe lyk jou brein.

Anyways, ek lees daar op die Automobile Association se website dat ons landsburgers tussen 119 en 162 ure per jaar in ons karre deurbring. Dis nou luidens die Inrix Global Traffic Scorecard.

Dis omtrent ’n hele week elke jaar uit jou lewe.

Dit maak jou kar eintlik your home away from home. Vir my is dit my kantoor.

En net soos jy jou huis skoon hou, moet jy dit ook met jou kar doen.

First things first. Moer al daai rubbish weg.

Dis nou die parking tickets, leë koffiebekers en ander gemors wat onder jou pedals kan inspring, soos Coke-blikkies.

Hou sommer altyd ’n paar plastieksakke byderhand in die kar om al daai stront in te gooi.

Nou kan jy daai carpets en seats tackle. Hark die Hoover nader en vacuum sommer alles top to bottom.

Moenie die cupholders vergeet nie.

En onthou die dash en veral die gear lever.

Weet jy hoeveel lieder­like creep crawlies hier leef en hoeveel mense in hulle karre eet?

Vat antiseptiese wet wipes en vee dit alles deeglik af.

Nou kan jy sommer jou boot skoonmaak en organise. Sit die spaarwiel terug in sy gat, ’seblief.

En spandeer so ’n bietjie geld aan ’n non-slip mat.

Dan hoef jou koffers en laptop nie tot doer ver agter in die boot te skuif nie.

Terloops, hou ook sommer ’n plastiekmat byderhand in die boot sodat jy dit kan uitrol as jy plante vervoer.

Dit sal al die grond en modder opvang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters