23 dae gelede
Goeie werk, sias!
all grown up: Die Suzuki Ciaz het ’n weird naam. Maar dis ’n “volwasse” kar.  ~ 

KOM ek begin met ’n disclaimer: Albert Bakkes word geensins deur enige vervaardiger betaal om die volgende kwyt te raak nie. Regtig! Pinky swear!

Kom ons begin by die naam.

Suzuki het dit nog altyd reggekry om die weirdste name vir sy karre uit te dink.

Die Jimny 4x4, die Ertiga people mover/lykwa, die Baleno hatch (ek ken die baleen whale en is dit hoekom hulle die naam gegee het, want die ding het so ’n vet gat?), die Ignis cross-dressertjie, die Dzire sedan (yep, dit ís die spelling) en die Vitara.

Dis amper soos daai memes wat jy op die internet sien oor Asiese vertalings that went terribly wrong, soos “The Wild Germ Hates Soup”, “Potato the Crap” en “Wang Had to Burn”.

En nou ontmoet ons die Ciaz (regte spelling), die brand se take op ’n compact sedan.

So, om dinge makliker vir myself te maak, noem ek die ding nou maar “Sias”, sodat ek nie die naam weer verkeerd spel nie.

Reggekry

Die Sias, soos die meeste Suzuki’s, het my rompie weer opgewaai en my sokkies weggeblaas.

Want al lyk die ding all grown up (in vergelyking met die Ignis en die Baleno) het die brand dit (wéér) reggekry om die fun factor te behou as jy dit bestuur.

Kom ons begin buite: So baie kar brands sukkel in dié segment met die design language.

Dis so asof hulle die volmaakte neus skep, na agter beweeg, en dan teen middagete tou opgooi (en dronk word).

Sien, dis so asof hulle die volgende oggend ’n hatch vat, en dan ’n hol agter aanplak om plek te maak vir ’n boot. Baie sedans in die segment lyk dus soos ’n onvolledige mishmash van design-elemente.

Maar Sias praat met een mond van voor na agter.

Alles lyk gebalanseerd, en dare I say it, eerder soos ’n “volwasse” (en baie groter) sedan, as ’n entry level-ene.

En dan is daar die party tricks, soos die LED daytime running lights, keyless entry en ’n boot wat jy met jou remote kan oopmaak.

Gepraat van die boot: Dis tamaai, met ’n volle 480 liter se spasie. Jy kan ’n Shetland pony hier indruk. Of ’n lyk ...

Onder die bonnet is daar ’n old school 1.5 liter-4 pot- naturally aspirated enjin, good to go vir 77 kW krag en 138 Nm torque.

Yep, soos ander Suzuki’s klink dit maar sh*tty op papier.

Maar weereens kom die fun factor tot sy redding.

Staatmaak

Dis ’n happy kar dié.

Miskien het dit te doen met ’n super rev happy enjin wat gery wil word.

Of miskien met die rack and pinion steering setup wat eerder staatmaak op mechanical steering as nuwer elektriese power steering gimmicks.

Daarom het jy so ’n “feel” met die klein steering wheel, met point and squirt-reaksies.

Miskien het dit te doen met die short, vyfspoed- manual box, met die shifter wat so vinnig in en uit die gates kom.

Of miskien is die kar se gewig (net ’n fraks oor ’n ton) ’n faktor?

Of die draairadius van net 5,4 m? Nogal interessant, want Sias is 4,5 m lank, 1,7 m breed en 1,5 m hoog ... So, draai hy op die spreekwoordelike tiekie?

En al is hy dus metafories ’n compact sedan, is daar hope ruimte agter. Ek kon met gemak agter myself sit met die bestuurder se sitplek tot heel agter gestel.

En moenie ál daai nice-to-haves vir die grootmense vergeet nie: Die infotainment/connectivity combo met sy eie screen wat jy met jou smartphone kan mirror vir satnav. Die controls op die stuurwiel. Die elektriese vensters. Die leer orals. Die goeie perceived build quality.

Soos ek gesê het, Sias voel volwasse ... maar het steeds die driving characteristics van die insanely fun Swift Sport.

Sias het ’n siel ...

  • Albert se Rev Counter: ’n-Weird-naam-maar-wonderful-kar 9 uit 10. En Sias is joune vir ’n skaf­like R215 000... 
all grown up: Die Suzuki Ciaz het ’n weird naam. Maar dis ’n “volwasse” kar.
right on: Sias se gat lyk reg.
angles: Anders as so baie ander in die segment, lyk die design language van alle kante, reg.
vet pret: Op sy 16-duimers is die Ciaz steeds hope fun om te bestuur. Foto’s: albert bakkes
met gemak: En daar is hope spasie agter. Ek kon agter myself sit.
lux: En moenie die “kudde” leer vergeet nie.
‘sweet spot’:Daai short shift­ing vyfspoed box slaan vinnig deur die gates.
check uit: Daar is ’n hele paar nice-to-haves in die kajuit.
tamaai: Daai reuse-boot kan 480 liter sluk.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters