2 maande gelede
Gode doen my in
natuurlik: En wanneer Albert op die Porsche launch bestuur, lyk dit só.  ~ 

EK HET verlede week vir jou vertel hoe die gelukkies my sommer twee keer so drie-drie na mekaar bloots gery het.

Dit was omdat die gode sekerlik besluit het om vir Albert tog ’n gap te gee.

En ek het ook gesê ek wag nou vir die backlash, want ná die gelukkies moet die ongeluk jou mos so drie keer in ’n ry bloots ry.

Toe strike die gode mos sommer Maandag.

Die god van thunder om presies te wees, want toe sous dit katte en honde en ek sien wragtag Noag en sy ark verbydryf.

Dit was op die launch van die Porsche 911 Carrera T om presies te wees.

Soos gewoonlik team ek en my co-pilot, Dieter, weer op, want ons doen dit al jare lank, veral in Porsches.

Ons ken ten minste mekaar se driving styles al baie goed. So, daar wag nie enige nasty *sshole tricks met vinnig bestuur nie.

Kyk, Dieter is ’n Duitse precision tool wanneer dit kom by vinnige bestuur, veral in nat weer.

European winters en al daai dinge.

Ek is beter in droë toestande.

Ek is after all ’n Suid-Afrikaner.

Maar toe besluit daai donnerse god mos as Dieter bestuur, moet die wintersonnetjie deurkom en die teer stoom.

So, hy het behoorlik uitgehaal en gewys daar deur die twisties van Helshoogte, die graanlande duskant Caledon en selfs die Houwhoekpas later die middag.

Maar die donnerse god besluit toe wanneer Albert die baie tegniese Franschhoekpas aandurf, sal hy die temperatuur drop na -2° C en die sluise van die hemele behoorlik oopdraai.

En wanneer Albert die lang stretches op pad Gansbaai toe aandurf, sal hy horisontale reën afstuur.

En hy sal Albert ’n whiteout gee dat hy nie deur die vooruit kan sien nie, al werk die Porsche se wipers hoe hard.

So, waar Dieter soos ’n arend gesweef het, was Albert se perform­ance laer as slangk*k.

Terloops, dit het vir die most terrifying launch in baie jare gesorg. Vir my in elk geval.

Niks met die kar te doen nie.

Alles te doen net met die weerstoestande en daai donnerse god met ’n f*kk*n siek sense of humor.

Praat van amperse ongelukke op interessante plekke met my agter die stuurwiel.

Maar as ek terugdink, het die phenomenon al ’n paar keer met my en Dieter gebeur.

Hy kies ’n been van die roete in die Swartwoud, en voila! Hy ry die autobahn met geen speed limits.

Ek kry die ander been en ek ry die paadjies deur die woud wat nouer as my poephol (op daai oomblik, in elk geval) ...

En met die Nissan GT-R-monster daar in die Magaliesberg kan Dieter loskop launch control toepas en die ding tot op die uiterste druk.

Opgeskop

Me, not so much. Want net toe ek agter die stuur inskuif, toe begin die myn-lorries se skof.

Ek het stof geëet, maar het nie veel stof op daai launch opgeskop nie.

En toe ek dié begin skryf, het Bentley my spontaan uitgenooi om met sy nuwe Bentayga saam met my dogter, Mila, daar in die twisties rond te rits.

So, ek gaan vanaand nie slaap nie, want ek wonder wat daai donnerse god vir my in gedagte het, môre ...

Die ongelukke kom after all in drieë, of hoe?

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters