3 maande gelede
Geseënde ‘lemming-fees’ vir ons almal
stupid? Elke jaar vrek lemmings in hulle hordes op soek na kos. Dit het oor die eeue bekend begin word as die lemmings se mass suicide. Foto: gizmodo.com  ~ 

EK DINK die mascot vir die Paasnaweek moenie meer die Paashaas wees nie.

Dit moet eerder die lemming wees.

Kom ek begin by die begin. Lemmings woon doer ver in die Noordelike Halfrond. Jy kry hulle in die Arktiese Sirkel, op die Skandinawiese Skiereiland (Swede en Noorweë, onder meer) en die toendra, om presies te wees.

Die ettertjies is regtig klein – een pas in die palm van jou hand.

En anders as ander knaagdiertjies, wat so onopsigtelik as moontlik probeer wees, is lede van dié subspesie nogal opsigtelik in kleur. En moerse aggressief, selfs teenoor mense, met daai skerp tandjies van hulle.

Hulle gaan slapies ook nie in die winter soos die ander boeties nie. Hulle woeker heeljaar, selfs in die sneeu, teel aan vir die eerste span en vreet alles wat voorkom.

En hulle lewe word letterlik in maande getel. Maar in daai paar maande op aarde kry hulle dosyne kleintjies. En daar gaan die neigbourhood ...

Binnekort is daar so baie van hulle dat hulle moet trek, want die kos en habitat is pretty much moer toe.

En dan sien ’n mens in documentaries hoe die klein ettertjies van die rotse aftuimel en in die see versuip op soek na kos.

Oor die eeue het dit begin bekend staan as die lemmings se mass suicide. (Daar is ’n wetenskaplike verduideliking vir dié gedrag, maar die legende is net soveel beter, of hoe?)

Lemming mass suicide.

Lees weer die goed se gedrag: teel, vreet, trek periodiek, ens. ens. Dis nes menslike gedrag, of hoe?

Nou hou ons weer Paasfees en dit voel elke jaar vir my ons is soos lemmings.

Slagting

Mense moer elke jaar in hulle duisende water toe dat dit al vir my voel hulle toon ook sulke mass suicidal tendencies.

Want dis die enigste manier hoe ek die slagting op ons paaie dié tyd elke jaar kan explain.

Ek sê dit elke jaar en ek se dit nou wéér: Dis asof regdenkende, eerbare en wetsgehoorsame dokters, lawyers, plumbers, polisiemanne, appies, predikante, huisvroue en al die ander dié tyd van die jaar kollektief ’n idiot button druk sodra hulle agter die stuur klim. Ook nie net vir die lang pad nie, mind you, maar sommer net mall toe ook.

Dit maak ook nie saak hoeveel arme traffic cops ontplooi word en hoeveel roadblocks opgestel word en hoeveel arrestasies uitgevoer word nie.

Hordes lemmings gaan weer vrek, ongeag.

En daarom, wanneer jy hierdie lees, het ek reeds gevlug daar na die Noorde. Want dit sal (relatief) stil wees daar bo.

Die strate sal myne wees, want al die lemmings sal elders wees.

Laat die Paaslemming julle ’n geseënde en bowenal veilige break toewens ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters