29 dae gelede
Gee my liewer vlerke as wiele
YES! Dié vervoer is deesdae my eerste keuse ... Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

ONTHOU die tyd: twee en ’n half uur.

Jy kry ’n goue ster as jy die belangrikheid daarvan aan die einde raaksien.

Vanweë die aard van my werk gaan ek gereeld kar launches toe.

Baie van die launches gebeur daar bo in die Noorde (die meeste vervaardigers se headquarters is daar gevestig).

En hulle likes om jou 08:00 óf op OR Tambo Internasionaal óf op die Lanseria-lughawe te hê, veral vir one-day launches.

So, jy staan tussen 03:30 en 03:45 op om te sh*t, shower en shave sodat jy minstens 05:00 op Kaapstad Internasionaal kan wees om die 06:00-vlug te board.

Vang

Jy kan dan darem op die vlug slaap om reg te wees vir ’n dag lange ryery.

En dan eindig jy die launch teen 15:30 of 15:45 om minstens 17:00 óf op OR Tambo óf Lanseria te wees, om minstens die 18:00-vlug te vang en 20:00 of 20:30 hier te land.

Dis ’n kwessie van rinse en repeat in reverse.

Op enige van daai vlugte sal ek die eerste wees wat sê daar is f*kk*l glamorous daaraan nie.

As jy nie vroeg genoeg op jou foon of laptop incheck nie, sal jy beland tussen twee mense wat Olimpiese powerlifters na twee koorsangers laat lyk.

En een sal snork en die ander sal stinkbek hê. En die kos? Waar om te begin.

As jy into meer leer is as in ’n average Duitse porn movie, is dit seker orrait, maar ek het lankal geleer om eerder te wag tot op die grond voordat ek enige iets in my mond sit.

Want scientists kan die toilette op vliegtuie gebruik om nuwe maniere te vind om germ warfare te voer.

So, daai goed wil jy glad nie gebruik nie.

En leg space? Ek is langer as ses voet. So, watter leg space?

’n Moderne vlug is ’n study in torture. Dis ’n bus met vlerke.

Die enigste ding wat hieroor gesê kan word, is dat dit jou van punt A na punt B bring. In pyn.

Maar toe sit ek een dag dié week weer so in ’n pragtige BMW 630d GT limo in die verkeer op pad werk toe.

Ek is nie vinniger as die naaste Tazz langs my in die verkeer nie.

Afgegaan

En toe ek die soveelste keer weer so twee en ’n half uur lank in die verkeer sit, die limo park en (in die reën) aanstap werk toe, slaan dit my skielik soos ’n op-pad-na-Damaskus-voorhamer.

Die light bulb het weer afgegaan. Want verlede week, weer op pad na ’n launch, dié keer in Mbombela, het dit ons presies twee en ’n half uur gevat om van Kaapstad direk na die stad langs die Kruger-wildtuin te vlieg.

En nie twee en ’n half dae per kar nie.

Die flight time (vir 1 700 km) was presies dieselfde as die drive time daai oggend (vir die 17 km) van my huis af.

En dit is ’n f*kk*n miracle of science.

Gee my deesdae eerder ’n vliegtuig as ’n kar ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters