2 maande gelede
Gat skuur in die somer is riskier as in winter
RUBBER SE VYAND: Beperk jou ritte in die hitte.  ~ livescience.com

DIS Vreestyd en ook hoogsomer.

En Masterdrive vertel my wanneer die temperatuur so in die 30’s rondhang, raak dit nie net ’n mens se lyf nie, maar definitief ook jou kar.

Die MD van Masterdrive, Eugene Herbert, se raad is dat ons moet try om sommer baie minder tyd in ons karre deur te bring as ons kan.

Jy kan natuurlik nie jou kar heeltemal vermy nie, want dis after all real life, maar jy moet voorsorg tref om seker te maak jy kry nie heat stroke en crash jou kar nie.

Probeer dus maar om peak hour traffic te vermy. Ry vroeër werk toe en later huis toe. Of andersom as jou baas nice is.

En gebruik jou air con as jy dit het. Oop vensters is nie net onveilig nie, dit kan in elk geval nie die temperatuur reguleer nie.

As jou kar nie air con het nie of dis gebreek, volg maar die peak hour traffic-raad hierbo.

Vat water saam met jou in die kar en bly hydrated.

As jy nie genoeg water inneem nie, kan jy dizzy voel, moeg word en selfs uitpass. Verwag maar dan ’n crash.

Hou jou kar se maintenance op datum. Maak seker die kar het genoeg coolant om die helse temperature te hanteer.

Maak seker jou kar se tyre pressure is reg. Pap tyres veroorsaak meer wrywing en gevolglik meer hitte. Dit kan ’n tyre laat afspring.

Koelte

Bande wat gepomp is dat hulle soos Arnie lyk, swel verder in die hitte en dit kan ’n blow-out veroorsaak.

Mik na parkering onderdak of koop ’n sun shade.

Daai seats en stuurwiel kan 50 °C of hoër bereik, dan brand jou knaters en hande wanneer jy inklim, nevermind die air con wat dan oortyd moet werk om dinge net leefbaar te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters