15 dae gelede
Fix klein – of betaal groot
kyk self: Een van die beste tips as jy mooi na jou kar wil omsien, is om gereeld die olie te check om al daai moving parts lubricated te hou. Foto: spinny.com  ~ 

NOG ’n dag, nog ’n bietjie consumer advice.

En MotorHappy kom toe tot my redding.

Hulle marketing director, Barend Smit, het so ’n bietjie gepraat oor car mainte­nance.

Smit sê elke kar het ’n bietjie minor maintenance nodig, soos om die fluids so ’n bietjie op te top en nuwe spark plugs in te sit.

’n Diens is egter ’n groter (en natuurlik duurder) werk wat liewer vir die professionals gelos moet word.

Maar so tussen minor en major services is daar wel goed wat jy self vir jou kar se gesondheid kan doen sodat daai diens nie so duur hoef te wees nie.

Check byvoorbeeld gereeld die olievlak. ’n Enjin het talle moving parts en almal van hulle moet goed gelubricate wees.

Rol

En wanneer laas het jy jou tyre pressure gekyk?

Maak seker die pressure is reg volgens die vervaardiger se specs, anders loop daai rubber oneweredig af.

Tyre wear kan jou heelwat geld kos – maar nog veel meer as ’n tyre bars en jy en jou passasiers met kar en ál van die pad af rol.

En asseblief, don’t drive it like you stole it. Jy is nie Vin Diesel agter die stuur van Optimus Prime nie.

Hoe harder jy wegtrek en briek, hoe meer wear and tear sit jy op jou moving parts en brieke.

Ander onderdele, soos jou ratkas, diff en suspension, kry ook swaar.

En laastens, moenie in ’n varkhok ry nie. Hou jou kar skoon, want hoe meer vullis buite op die paint vashaak, hoe groter word die kanse dat dit die verf kan beskadig.

Maak binne-in ook skoon. Jy wil nie jou date uitneem in iets waarvoor sy ’n hazmat suit moet dra nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters