7 maande gelede
Feestyd raak 'n vreestyd
STUPID: Die vreestyd begin met Black Friday.  ~ cnbc.com

HOLY !@#$%^! Jou stupid !@#$%^! Ensovoorts, ensovoorts.

Só gaan dit dié tyd van die jaar daar in my toetskar(re).

Want dié tyd van die jaar is my gemoed in my skoene, my siel swart en my balls op die grond.

Ek is moeg. Maar die pyn en die foltering begin nou eers vir my.

Want Black Friday is maar net die kick-off van die malligheid.

Mense begin mos al Donderdag voor middernag queue om een van die 0,001% te wees wat ’n smart TV van R30 000 vir 1c kan opraap.

Top bosses van die groot retailers vryf hulle sweterige palmpies saam oor al die geld wat hulle uit die gierigheid van die mensdom maak.

Maar vir die arme werkers op die retailer se vloere – “Clean up in aisle 5, please!” – is dit sekerlik die afskuwelikste tyd van die jaar.

Of miskien net die begin van die afskuwelikste tyd van die jaar.

Want dis mos nou die begin van die feestyd. Of is dit nou die vreestyd?

Never mind dat die !@#$%^! Krismisbome al klaar staan, die vet engeltjies klaar hang en Boney M al klaar sing nie. Batshit insane goed begin ook al op die pad gebeur. Dis mos my area of expertise.

Kollektief

En die skole het nog nie amptelik gesluit nie...

En die Vrystaters en Valies het nog nie eens (amptelik) opgedaag nie.

Maar dis mos dié tyd van die jaar dat die volk kollektief die idiot dial na 11 draai daar in die kar.

Indicators? O, ek het gedink dis die plek waaraan jy jou Pine Fresh hang.

Following distance? Not de !@#$%^! Want dan kan iemand voor my indruk en eerste daar kom. Waar dít ook al mag wees!

Constant speed over distance? (Soos in dan 80 km/h, dan 127 km/h, dan 76 km/h, dan weer 98 km/h in die fast lane.)

Not de !@#$%^! Want ek dictate eers vir myself op die smartphone oor ál die goed wat ek nog moet koop. En dis nou nie asof ons Capies in die eerste plek kan bestuur nie, nè...?

Ons begin geld spend wat ons nie het nie, eet soos Springbokke en ry soos assholes.

Dis nie ’n feestelikheid nie, maar ’n orgie van excess en tragedie. Dit sou in werklikheid vrek funny gewees het as dit nie so scary was nie.

Die hele idee van die jolly season word “verkoop” as ’n tyd van samesyn met die familie, ontspanning, en chill langs die swembad.

Maar in the real world is daar altyd ’n dronk oom wat iets by die family gathering sê en dan praat familielede die volgende paar jaar nie ’n woord met mekaar nie.

Verdrink

In the real world is daar altyd die dronk bestuurders wat hele gesinne uithaal, kindertjies wees laat, tragiese nagevolge op die teer agterlaat, maar ongeskonde uit hulle kar klim.

In the real world verdrink meer mense nou as in die hele res van die jaar saam. (Sê maar weer dankie aan die voggies.)

In the real world is almal arm teen middel Januarie met byna niks om daarvoor te wys nie.

In the real world dink mense (soos in daai song) dis “the most wonderful time of the year”, maar in hulle binnekamer weet hulle dit is !@#$%^!.

Vader Krismis, my grootste Krismiswens is (veral in die traffic) dat jy so gou moontlik !@#$%^!, groot ’seblief...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters