12 dae gelede
Fees van karre ’n ware skouspel
best in show: Die nuwe Kia Stinger was vir my daai koel Vrydagoggend miskien die grootste eye-opener rondom die track van ál die karre wat ek bestuur het. Foto’s: albert bakkes  ~ 

LAAS jaar, ná die stille dood van die Joburg Interna­tional Motor Show, is die eerste Festival of Motoring aangebied.

En verlede naweek het die show weer plaasgevind by Kya­lami, die hart van motoring in die land.

Nou, was dit ’n sukses?

In terme van bigger and better – absolutely.

Behalwe ál die major kar brands was daar oor hordes meer stalletjies, met enige iets van craft-biere tot T-shirts, tot Nguni-bulvelle tot trokke en busse en nog vele meer.

Dan was daar classics, racers, hyper cars en privately owned sportskarre, en actual racing.

Daar was selfs ’n dedicated 4x4 track waar passasiers saam met ’n instructor kon gaan “speel”.

Gepraat van speel: Vanjaar was anders, want die publiek kon as passasier gaan speel met dedicated instructors op die main track.

Daar het enige iets van die piepklein Fiat Abarthtrack time­ gedeel met hilarious­ly screa­ming Merc AMG’s, RS Audi’s en M Beemers.

Mense kon ook “gewone” brands, soos die Chinese Haval en BAIC, die Franse Peugeot en Duitse Opel om die mains vat.

Maar as jy die balls gehad het, kon jy ook verskeie brands self bestuur het (dink Renault Megane RS) met ’n instructor op die kleiner driving circuit binne-in die mains track.

racer: En wat is ’n motoring show dan sonder die classic racing Lola. En, ja, hy het ook gejaag by die motorfees.
huh? Vat ’n Lambo van miljoene. Maak hom ’n racing Lambo wat net op die track kan ry. Go figure.
ancient: Die granddaddy van production cars was ook daar, die Model T Ford.
best in show: Die nuwe Kia Stinger was vir my daai koel Vrydagoggend miskien die grootste eye-opener rondom die track van ál die karre wat ek bestuur het. Foto’s: albert bakkes
self drive: In goed soos die Renault Megane RS kon jy jou prowess agter die stuur wys. Met ’n instructor se hulp natuurlik.
anything goes: Die piepklein Fiat Abarth het tracktime gedeel met insane rygoed op die mains.
howler: Dan was daar die monsters, soos die Merc AMG wat mense om die main track gevat het. Die meeste fun met ál jou klere aan.
beauty: Wat van ’n private Porsche classic?
crazy: En dan het jy eenvoudig batshit insane makeovers gehad soos met dié Audi RS6 Avant.
favourite: Die splinternuwe Suzuki Jimny was ’n absolute drawcard.

Met ander woorde, alles was baie meer interactive.

En selfs die parking balls-up van verlede jaar was grootliks opgeklaar.

Sal ek volgende jaar plan maak om weer te gaan?

Wel, as die evolutionary process só aangaan, absoluut!

Maar laat die prentjies eerder die storie vertel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters