2 maande gelede
Fantasieë wat leef
way out! Die Nissan Xmotion – een van die konsep-rygoed wat ’n mens hoop jy volgende jaar sal sien.Foto: motorpress.co.za  ~ 

KOM ek wees nou maar eerlik: Die meeste konsepvoertuie is bloot fantasieë.

En die meeste wat dit tot die werklikheid maak, word nooit vervaardig nie.

Dis omdat hulle net te duur, net te way out en net te veel vir die bean counters en bemarkingspanne is.

So, die arme ontwerpers se moer.

En die ontwerpe wat wel die groen lig vir produksie gewys word, is meestal ’n verwaterde weergawe van die oorspronklike een.

Op ’n paar uitsonderings na...

Min rygoed vergelyk met die Dodge Viper, wat in die 1980’s ’n konsep was, en toe stoot Chrysler dit wragtig deur na vervaardiging. As is. Net so.

Maar ek lees op MotorPress se web­site ons kan hoop (en bid) om die volgende verskynsel volgende jaar te sien: Die baie sexy Nissan Xmotion Concept.

Die gedoente(foto) het vroeër dié jaar mos ’n moerse klomp pryse op die North American International Auto Show gewen.

Check net die nuwe take op die V-motion grille. En die central console is ewe whacky: Japanse tegnieke van hout-joinery, kanawa tsugi, is ingebou.

Dan is daar die S90 Ambience Concept van Volvo. Dis gegrond op die top-of-the-line S90 Excellence drie­sitplek – executive saloon.

Boendoes

MotorPress vertel my eienaars kan hulle karre se “atmosfeer” personalise met ’n moerse klomp apps, beelde op die plafon en geure. Daar is tot ver­skillende temas (here’s looking at you, Swan Lake).

En dan is daar die Toyota FT-AC: ’n Bonkers something or other wat na ’n tamaai SUV all-wheeler lyk, maar selfs in die boendoes sal jy in ’n mobile WiFi hot spot ry. So, jy sal ál jou avonture kan deel.

Ek bid vir ’n Toyota. Who would have guessed that?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters