6 maande gelede
Eskom lat sales val
bliksems: Eksdom neuk nie net my ma rond nie.  ~ 

EN DAAR maak Eskom wéér so.

My ma het ’n klein ou huisie in die Drakensberge wat maklik nege maande van die jaar leeg staan. Net af en toe huur iemand dit vir so ’n bietjie geld.

So, jy sou nou dink my ma sal net ’n paar sente betaal vir die krag.

En dit ís ook so. Totdat sy die week die maandelikse bill van daai etters kry. Vir die maand skuld sy hulle skielik meer as R63 000.

Moles

Terloops, die dorp is só klein dat ek sweer die hele dorp nie eens daai bedrag saam betaal vir ’n hele jaar nie.

En dis nie die eerste keer dat die etters dit aan my 83-jarige ma doen nie. Verlede jaar het dit my arme ma ’n lawyer gekos vir die sogenaamde R48 000 wat sy die bliksems vir een maand geskuld het.

Nou, wat het hierdie moles met karre te doen?

Baie, om presies te wees. Want toe stuur WesBank my ’n mail. En Eksdom se load shedding het ook motorverkope “geshed”. En omdat car manufacturers (en die hele bedryf) in die land, een van die grootste workforces het, is dit ’n train smash.

Volgens Ghana Msibi, die bank se exec vir motors, het load shedding nuwe motors se sales vir Februarie vanjaar met 6,5% laat val vergeleke met sales vir Februarie laas jaar.

Hy sê hulle het maar ’n slow start verwag in sales, maar die market is geruk deur die impak van load shedding.

Passenger-karre is die hardste getref. Daai segment het met 13,3% gedrop, tot net 27 000 karre verkoop.

Die sales van light commercial vehicles het darem met 7,1% gegroei vir dieselfde tydperk en die segment groei jaar ná jaar.

Maar danksy Eksdom lyk die jaar-ná-jaar-prentjie maar donker. En die mark verkeer onder moerse druk.

En dít, sê Msibi, vra vir ’n major turn-around om by WesBank se voorspelling van “net” ’n 1%-afname in die new-market sales te bly.

“Bekostigbaarheid” bly maar dié woord vir kopers. Baie gesinne skuif van nuwe aankope na die used-car market – wat ook stres op die nuwevoertuig-mark plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters