Verlede maand
Ek’s beslis van my trollie af
innie verte: Hier moer en gone ver park ek elke dag my toetskar, rain or shine, onder ’n brug by die ingang van die hawe. Foto’s: albert bakkes  ~ 

EN DAAR ry ek toe weer ’n hele paar uur in die verkeer en luister so tussen die radio deur ook na die stemme in my kop.

En toe sê die stem op die radio vir my dis vandag International Mental Health Day en toe gaan die light bulb aan.

Want nou verstaan ek die stemme in my kop ook.

Sien, ek is skynbaar kens, koekoes, mal, van my kop af.

My werk verg van my om karre te toetsbestuur.

Maar wat ek in traffic doen, is nie kar-toets nie.

Ek kon netsowel agter my lessenaar gesit en dit try toets het.

Want ek sweer, op sekere dae is my f*kk*n lessenaar vinniger as die nuutste Jaguar wat ek toets.

En so oor die jare het die traffic situation net erger en erger geword.

En my loony vlakke net hoër en hoër saam met my bloeddruk.

En toe ek uiteindelik in die CBD uitkom (lekker blind bef*k, soos gewoonlik) moet ek op my “gewone” plek gaan stop.

Onder ’n brug, naby die ingang van die Kaapse hawe.

Met die development wat skynbaar nooit gaan ophou rondom my kantoorgebou nie, het parking skaarser geword as ’n non in ’n stripclub.

En as jy wel parking relatief naby jou werkplek kry, betaal jy deur jou ore.

Ek het uitgewerk ek sal ’n ekstra bond moet uitneem op my huis of my organe of my kind moet verkoop om ’n jaar se parking te kan bekostig.

Van daar dat ek maar so ’n paar jaar gelede besluit het om daar onder die brug te gaan parkeer.

Maar ek sidder, want ek wag vir die dag wanneer die liewe Stad Kaapstad gaan besluit om ook hier onder die brug met een of ander f*kk*n development te begin.

Terloops, ál meer manufacturers wat my karre stuur, se wenkbroue lig as hulle sien waar ek hulle karre parkeer.

Dis oukei vir ’n bakkie, maar wat van ’n lang, slap Mercedes S500?

Maar ek weier om nóg swaarverdiende geld in die Stad se koffers te stort.

En dan stap ek, rain or shine, daai 1.5 km na my werkplek.

Afhangend van die weer kan dit tot tien minute vat.

En dan loop kollegas sulke ver draaie om my, want hulle kan daai wille kyk in my oë sien.

Ingeprop

En die situasie gaan nie verbeter in terme van óf die verkeer óf die parking situation nie.

Want die liewe Stad verkoop mos die CBD as ’n development destination en net meer en meer en meer mense en karre en busse en trokke en geboue en developments word hier ingeprop.

Maar miskien moet ek só daarna kyk.

Daar is mos ’n upside van daai daaglikse wandelings van my.

So, King Julian van Madagascar sing: “Physically fit! Physically Fit!”

Maar diep in my binneste weet ek, ek mag miskien moer fiks wees.

Maar ek is clinically in­sane ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters