2 maande gelede
Ek ry my nuwe fave
number 1: Die Porsche 911 Carrera T. My nuwe favourite.  ~ 

EN TOE ontmoet ons nóg ’n Porsche 911 niche.

Die asemrowende 911 Carrera T.

Porsche vertel ons die ding moet ons herinner aan die pure racer, rocking it in 1968, waar die T die Monte Carlo Rally gewen het met Vic Elford en David Stone.

Anders as die meeste ander 911’s kan jy kies om die agter-seats weg te laat.

Dié mooi ding is in elk geval 20 kg ligter as die meeste van sy siblings. Die glas wat gebruik word, is ook dunner, en ja, selfs die door handles is weggelaat. Jy pluk so ’n canvas-lussie om die deur oop te maak.

Die wheelbase is ook korter. Alles om dit meer van ’n puris te maak as dit by dinge op die teer kom. Meer aards. Meer in sync met die drywer.

’n Niche wat daar is vir die puris wat meer connected wil wees, en meer konsentreer op die eintlike driving experience as enige iets anders­.

En ja, dit klink soos lou­tere PR bullsh*t.

Totdat jy die drieliter- rearmounted rearwheel drive sys­tem aanskakel.

Holy f*ck! Die geluid (so ’n soort van ’n blaf) wat die ding deur die twin centre mounted pipes maak, laat jou nekhare rys.

En, ja, in die niche-hoekie kry jy ’n seven-speed manual-weergawe ook.

Daar is ook ’n PDK box, maar spring eers in die manual in.

Dis sekerlik een van die snappiest gear shifters tans op die mark en voel soos ’n racing setup met die gears baie naby aan mekaar deur die hekke.

Sit nou die setting in Sport Plus.

Pop die racing throttle and hang on for dear life.

Nee, dit was toe nie PR bullsh*t nie.

Jy voel baie meer connected aan daai enjin (albei weergawes good to go vir 272 kW krag en ’n oogwaterende 450 Nm torque) en die sublime suspension setup.

Terloops, die manual gee jou ’n dash time van 4.5 sekondes en die PDK shifter-weergawe 4.2 sekondes.

Maar ironies het die manual ’n topspoed van 293 km/h teenoor die PDK se 291 km/h.

Maar die stats skets eintlik nie die werklike prentjie nie.

Albei voel organies, anders as van die ander 911’s wat met ál die lux goed en nanny-funksies ietwat distant kan voel vir die committed driver.

Ek het naderhand gevoel ek klim nie in die T in nie, maar trek hom aan soos ’n favourite and much loved baadjie.

Die connectivity tussen my en daai manual shifter was sublime.

Maar die PDK het ook ’n magic van sy eie gehad, met sy brutal en ampers gewelddadige beefy downshifts wat soos ’n mortier afgegaan het in die cabin.

Thunk! Thunk! Thunk! in die mees extreme setting.

racer: Die T het ’n korter wheelbase as sy ander 911-boeties. Dit maak vir sublime handling.
puris: Porsche sê dat hy met die T ’n 911 wou gee vir die puris wat drive for the sake of driving.
sê aaaah! O, ja, jy kan die enjin bay oopmaak met die druk van ’n knoppie.
number 1: Die Porsche 911 Carrera T. My nuwe favourite.
beauty: Selfs in kanariegeel is die PDK T beeldskoon.Foto’s: albert bakkes
heelwat ligter: Die cabin het oral lightweight materials om gewig te spaar.
interaction: Die interaksie met die seven-speed manual shifter is sublime.
nóg ligter: Om nóg gewig te spaar, het jy nie door handles nie. Net so ’n lussie wat jy trek.
brutal: Die PDK shifter het ook magic van sy eie met brutale down shifts in die mees extreme setting.

En al het die hemele Maandag oopgegaan, moes jy amper balls of steel (of geen common sense) gehad het, om daai rear mounted rear wheel drive setup in die reën te unsettle.

Ek het onlangs gesê die Boxster- en Cayman GTS-model is my favourite Porsches­.

Ek trek ál my woorde terug. Dis die Carrera T ...

  • Albert se Rev Count­er: ’n organiese 11 uit 10.

It’s THAT good ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters