6 maande gelede
Eerder ’n gekarring
HUH? Bitter min karvervaardigers kry die balans reg op hulle launches. Baie gee jou eerder ’n “experience” as wat jy die kar werklik bestuur.  ~ Albert Bakkes

SOOS ek reeds gesê het, hierdie tyd van die jaar is my persoonlikheid pikswart, my gemoed in my skoene en my balls sleep op die vloer.

So, ek het myself geforseer om na die laaste launch van die jaar te gaan.

Balans

En wonder bo wonder het ek dit nogal geniet. Al was daar “entertainment” betrokke, iets wat ek normaalweg by die meeste launches absoluut !@#$%%^ verag ...

Hyundai het dit, soos met sy nuwe kar, reggekry om die balans reg te handhaaf. (Terloops, hulle betaal my f*all om bogenoemde te sê ...)

Maar as ek nou terugdink aan die hordes kar launches wat ek deur die jare bygewoon het, kry min manufactur­ers daai balans reg.

Eerstens maak hulle die fout dat hulle journos lavish met soveel luxuries dat hulle hoop jy kyk die mediocre (of downright !@#$%^) product mis.

Of dat jy so skuldig sal voel oor al die geld en gifts wat hulle op jou spend dat jy maar net goeie goed oor die mediocre (of downright !@#$%^) product sal skryf.

Dan is daar die manufacturers wat (veral vroeër jare) jou so ver laat ry (my personal record is meer as 700 km) en so vuisvoos maak dat jy nie iets kan skryf nie, en jy jou deadline misloop.

Of daar is die manufacturers wat jou so min laat ry (my persoonlike record is 38 km vir my en my copilot saam op een dag) dat jy geen clue het waaroor om te skryf nie, want jy het glad nie die kar “ontmoet” nie.

Gebreek

Dan is daar ook die manufacturers wat jou niks laat bestuur nie en jou eerder op ’n “experience” vat (hot-air ballooning of ’n walk in the park met leeus). (I sh*t you not.) Dít net om jou daai feel-good-gevoel oor die brand te gee. Met ander woorde, dis ’n kar launch sonder ’n kar van ’n dag oud.

Ander manufacturers laat jou stupid goed in karre op ’n launch doen.

Op een launch het ’n goeie vriend van my, in effect, sy rug gebreek, want die manufacturer het journos aangemoedig om soos !@#$%^ idiots te bestuur. Hy is darem nou oukei.

Of hulle laat jou time trials doen teen ander journos. En dan kom daar die testosterone, machismo en tamaai ego’s uit (ons primary default setting as motoring journos).

Dan gaan dit glad nie meer oor die kar nie, maar oor die journo self.

So, ek besluit as dit nie anders kan nie (soos in: Jy sal die kar nooit op enige ander wyse kan bestuur nie, want jy sal hom nooit vir ’n tyd op jou eie kry om te toets nie), gaan ek maar afskaal op al die launches.

En ek sal eerder wag vir die toetskar om my eie opinie te vorm.

PS: Vir al die manufacturers, ek kla glad nie oor al die invites en die launches wat ek al bygewoon het nie. Dit was en is ’n voorreg.

Maar ’n launch is ’n preview van ’n product. En as die preview ongebalanseerd is, kan daar ook ’n wanbalans in ons journo’s se skryfwerk insluip.

And I’d like to think of myself as an ethical writer, if sometimes too brutally honest ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters