Verlede maand
Dzire sit die ‘Jag’ ore aan
eenvoudig: Die Suzuki DZire het amper geen warning-goeters nie. Hy hanteer jou dus soos ’n grootmens wat weet hoe om te bestuur.Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

KYK, ek bitch en moan nie oor die wa wat ek nou bestuur nie.

Die Jaguar F-Pace R-Sport SUV om presies te wees. Ek is eintlik mal oor die ding en julle weet hoe ek oor tamaai cross-dressers voel.

Maar hoekom mis ek dan die bargain jobbie genaamd die DZire van Suzuki, wat ek dié week teruggegee het?

Want die blou monster (kom ons noem hom sommer Sulley Sullivan van Monsters, Inc., blou, groot en hairy deur die twisties) bevat omtrent al die pet peeves wat ek amper nie meer in ’n kar kan verdra nie.

Help

Daar is daai stop/start-funksie. Die meeste manufacturers sit dit nou in om teoreties in elke geval brandstof te bespaar. Maar dis ’n klein besparing en is eerder een moerse irritasie. As die kar homself afswitch, skrik ek my k*k koud, want dan dink ek ek het ’n toetskar gebreek.

Gelukkig het ek darem uiteindelik die af switch vir hierdie ding gevind.

Dan is daar die touch screen op die dash. Die screen “help” jou met enige iets van ’n adres vind, sat nav maps, infotainment setups en connectivity.

Maar weet jy hoe steurend dit kan wees om te bestuur en na die jongste Panic! At the Disco track te soek op jou smartphone, wat opgepare is met die screen? Jy moet in baie karre deur ’n hele lot submenus scroll (here’s looking at you, BMW) om by enige iets uit te kom.

En dan is Panic! se “High Hopes” die laaste ding wat jy hoor nadat jy die kar gerol het. High Hopes indeed, nè.

Dan is daar die lane departure function (here’s looking at you, Honda). In sekere karre tril of vibreer die stuurwiel so liggies as jy uit jou baan dryf, soos in die Jag.

In ander gevalle pluk die stuurwiel jou fisiek terug in jou baan, of jy nou wil of nie.

Dan straf jy daai pothole wat jy aktief probeer vermy het deur uit jou baan te drift.

Wat van daai warning lights wat óf op die tru-spieëls óf net voor hulle gemonteer is?

In teorie moet hulle jou warn dat ander karre langs jou verbyskuif en/of in jou blind spot boer.

All good, maar in verkeer flikker die f*kk*rs vir jou die hele tyd dat jy naderhand voel jy is in ’n disco. ’n Moerse distraction verby.

Skreeu

O, en moenie vergeet dat die “handbriek” nou ’n knoppie geword het nie. Ja, maak seker sin, nè. Maar jy weet nooit wanneer die ding “aan” of “af” is nie. En jy kan nie meer handbriek turns gooi nie ...

Dan is daar die bong bong bong/tring tring tring/urp urp urp warning buzzers en liggies en goeters. Dit skreeu of vibreer of gaan aan as jou key in die starter is of nie. Of jou handbriek op is of nie, of jy die deur oopmaak of toemaak, of jou ligte aan is of nie, ens. ens.

Dis alles om jou teen jouself te beskerm.

Maar ná sekere toetskarre hoor ek nog daai warning buzzer-geluide in my drome.

Die DZire (ja, dis regtig sy naam) hanteer jou soos ’n grootmens wat weet hoe om te bestuur, wat weet hoe om in spieëls te kyk, in jou baan te bly en uit te kyk vir jou blind spots. En ook weet hoe om die ligte af te sit, die deur toe te maak, die handbriek te operate en throttle control te bemeester.

Eenvoudig maar skitterend.

Die Jag is skitterend, maar definitief nie eenvoudig nie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters