Verlede maand
Ditch daai couch vir die drive-in!
VELDFLIEK: Mother City Drive-In gaan binnekort ’n venue bekendstel.foto verskaf  ~ 

ONS hoef binnekort nie meer nét in ons bed of op die couch movies te kyk nie.

Ek sien op die Facebook-blad Mother City Drive-In hulle beoog om in Kaapstad entertainment aan te bied waar jy social distancing kan toepas.

Jip, jy het reg geraai – ’n movie drive-in.

Mother City Drive-In gaan nie net movie screenings aanbied nie, daar sal ook comedy nights en musiek-shows wees.

Mense kan dan lekker entertain word terwyl hulle veilig in hul eie voertuig is.

Lyle Masters, medestigter van Mother City Drive-In, sê hul doel is om ’n veilige omgewing te skep waarin kunstenaars en die kreatiewe bedryf ondersteun word.

Mother City Drive-In praat met die Stad Kaapstad om protokol vas te stel oor hoe hulle te werk sal gaan.

Volgens Masters sal die inry-ervaring eers by ’n venue getoets word voordat hulle hul vlerke na ander dele van die Kaap gaan sprei.

Ek sal hul page dophou en sodra ek meer weet, sal ek julle sê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters