2 maande gelede
Dít maak ’n ryding dors
kos baie: Dis weer die wet van Transvaal vir motoriste. Foto: thesouthafrican.com  ~ 

DIÉ week het onse ou landjie ons beursie weer ’n massive squeeze gegee.

Weens die vrotsige ekonomie kry consumers ’n triple whammy: Die brandstofprys is op, daar wag ’n levy increase vir die Padongelukkefonds en dan is daar ook sommer ’n carbon tax increase.

Ons betaal nou reeds 74c ekstra vir ’n liter petrol, en tussen 91 en 93c vir ’n liter diesel.

Die Padongelukkefonds se 5c increase skop in April in, en die carbon tax levy (9c vir petrol en 10c vir diesel) in Junie.

Volgens Susan Steward van Budget Insurance beteken dit dat jy as motoris teen die middel van die jaar ’n volle R14,94 vir ’n liter petrol gaan betaal en R14,22 vir ’n liter diesel.

Dit kom daarop neer dit gaan gemiddeld R747 kos om ’n kar met ’n 50F-tenk vol te maak, en R711 vir ’n dieseltenk.

Maar daar is raad, sê Budget Insurance.

Dit gaan alles oor jou bestuurstyl. Die Yanks sê as jy slim bestuur, kan jy wat fuel economy betref tot 40% beter vaar.

Hier is dus ’n paar praktiese tips om brandstof te bespaar.

  • Maak seker jou wiele is gealign en tot op die regte druk opgepomp. Dit moet op die merk wees wat die vervaardiger voorskryf. As dit nie reg is nie, sal jou voertuig meer weerstand op die teer ervaar. En dít suip brandstof.
  • Wees maar eerder smooth and steady. Al die harde briekery en vinnig wegtrekkery laat daai brandstofnaald plunge.
  • Vergeet van die need for speed. Spoed is die enkele grootste faktor wat jou voertuig meer brandstof laat opslurp.
  • Die slimkoppe sê ’n kar wat teen 110km/h ry, gebruik amper 25% meer brandstof as een wat teen 90km/h travel.
  • Waar jy kan, ry in hoër gears – só spaar jy.
  • Enige iets wat drag meer maak, soos oop vensters en roof en bike racks, gaan jou sak skud.
  • Laat doen ’n health check op jou voertuig. As die kar in Noag se tyd laas gediens is, gaan dit die fuel average beïnvloed. Vuil olie, vuil lugfilters, ’n moer toe exhaust en ou spark plugs speel almal ’n rol in brandstofverbruik.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters