24 dae gelede
Dis wéér sulke tyd
action: Verwag sommer hope tyre smoke tydens die MSA drags môre by Killarney. FOTO’S verskaf  ~ 

SOOS my waarskuwing maar altyd lui: Gaan slapies maar weer vroeg.

Want Saterdag (27 April) gaan die k*k en hare weer waai daar op ons heiligdom, die Killarney International Raceway.

En dis nie net sommer een event nie, maar nog ’n shoot-out van MSA (Motorsport South Africa) drags, en die quick-fire action daar op die Half-Main circuit.

Monster

Oukei, die drag racing event is oop vir enige street cars, maar dan moet jy die verpligte safety gear hê en natuurlik ’n competition licence.

Maar die regte action heroes van die dag is natuurlik daai purpose-built drag racers.

Soos die monster van Shaheen Barmania, daai twin-turbo V8 Chev Lumina Ute genaamd “Suspect”. Daar is terloops meer as 2 000 kW krag onder daai bonnet ...

En dan is daar Shaun Zurich se insane Honda Civic, glo die vinnigste front-wheeler in SA. Hy het net ’n oogbal-bloeiende 9.536 sekondes gevat om 229,92 km/h te klok by die laaste event. En die ou sê die ding kan nóg vinniger!

Jy kan ook kom kyk hoe all-wheelers soos die Audi’s en die VW Golf R’s launch asof hulle gegooi word vanaf ’n aircraft carrier deck.

Of wat van daai rear-wheel drive Fords en BMW’s wat tamaai wolke tyre smoke belowe soos hulle hul “wrinkle wall tyres” opwarm.

En natuurlik sal jy sien hoe daai long wheelbase superbikes laaaaaaaaang wheelies pop om die quarter mile (402 meter) in minder as 9 sekondes te klok.

Terloops, daar kom ook ’n paar racers van PE om ons ’n ding of twee te wys (of so dink hulle).

Nou, waar drags oor massive power gaan (en natuurlik die reaksietyd van Superman agter die stuur), gaan daai racing op die Half-Main circuit eerder oor so ’n bietjie finesse.

Want onthou, die 1 km lange track is mos net ’n verkorte weergawe van Killarney se main circuit.

Daar’s die runs van die G-Energy Corner, ’n kink, dan weer af tot by die Rose Foundation Sweep, ’n harde regs tot op die link road, voordat jy weer by die apex van die KFM Corner aansluit.

Ag, en gooi sommer ’n paar chicanes in, net om dinge interessanter te maak.

Daar is geen straights in die regte sin van die woord nie. Net as jy gooi uit een corner uit, moet jy weer briek vir die volgende een.

So, die hele affêre vra vir presisie racing lines, of jy nou die 15 cc Senior Class (vir die oor-18’s) jaag, of die 150 Junior Class (nog te jonk om te bestuur), of Super Singles, of Formula M (baby F1 mini-me’s met bike-enjins) of Superkarts, of Supermotards (off-road bikes met road racing wheels) ry.

En ál die aksie kan jy check van enige van die nuwe grandstands.

Die hekke maak reeds 07:00 oop en die shootouts begin 09:00.

En jy kyk na albei events vir net R80 as jy pa (of ma) is, of R20 vir kiddies onder 16.

En natuurlik is entry verniet vir die petrolkoppies jonger as 12.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters