Verlede maand
Dis weer ‘power series’-tyd
AKSIE: Die k*k spat en hare waai weer môre op Killarney.  ~ wpmc.co.za

JA, DIS weer sulke tyd: Vroe­gies gaan slaap vir alle petrolkoppe.

Want die k*k spat en hare waai môre weer daar op ons heiligdom, die Killarney International Raceway.

Die 2020 Regional Power Series skroei môre weer daar tekkies.

En dié ronde gaan nie net oor die sound and fury nie, maar ook oor kankerbewusmaking.

Maar meer daaroor later ...

Wat bied die mal dag?

Wel, daar is natuurlik verskeie klasse wat gaan race.

Specs

Dink aan die Clubmans, GTI Challenge en die insane donners in hulle V8 Masters.

Ál die V8-monsters het dieselfde specs. So, dit hang alles af van hoe goed – of is dit nou hoe mal? – die drivers self is.

En moenie vergeet van die supercars nie. Anything goes in dié klas en legends neem hier deel.

Dink classic Porsches en scary Impalas en Galaxys.

Dan is daar ook classics, fine cars, sports cars en GT’s.

Die Formula Libre single seaters wys toeskouers ook hoe Formule 1 eers gelyk het – én hoe dit gedoen moet word.

Vir die two-wheeler crowd is daar ook sommer hope aksie.

Want daar is die Suzuki superbikes, Clubmans en ander.

Die hele dag se aksie sal live uitgesaai word op die screens in die clubhouse en die New Pits Lounge.

En Hyundai sal jou rond-shuttle om die baan na waar jy ook al wil wees om die aksie te aanskou.

Die kiddies het ook hulle eie speelareas oral.

Nou, terug by kankerbewusmaking.

Jy kan jou kop laat skeer of jou hare laat dye om jou ondersteuning vir kanker­bewustheid te wys.

En as jou hare lank genoeg is, kan jy dit sommer donate dat pruike daarvan gemaak kan word vir kankerlyers wat chemoterapie ondergaan.

Die hekke behoort al 07:00 oop te wees, want, anders as in die vorige series, begin die racing al 08:15 – lekker vroeg om alles in te pas.

Mahala

Toegang is R80 vir grootmense, mahala vir lede van die Western Province Motor Club (bring jou boekie saam), R20 vir leerders onder 16 en mahala vir kiddies onder 12.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters