Verlede maand
Dis weer Coty-tyd
wenner? Die Volvo XC60 is ’n contender in 2019 se AutoTrader Car of the Year. En hy was mos ook in 2018 die World Car of the Year ... Foto: ALBERT BAKKES  ~ 

DIS weer sulke tyd: Die aankondiging van die lys qualifiers vir die 2019 SA Car of the Year, oftewel Coty.

Die organiseerder van dié event is die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (waarvan ek lid is).

Maar die event het baie firsts.

Eerstens is daar WesBank, wat jare lank die sponsor was en hom nou heeltemal onttrek het weens talle perceived f*k-*ps (soos sekere oënskynlike rassistiese opmerkings deur lede en die gilde se hantering daarvan).

Dan was daar die controversy oor die voting setup wat dit moontlik gemaak het dat Porsche in ses jaar vier keer met die Coty-titel weggery het (die Panamera was die grootbaas vir 2018).

Dit was nie noodwendig Porsche of dalk selfs die voting system se fout nie, maar dit het Jan Publiek baie moerig gemaak.

Enter AutoTrader as die nuwe sponsor.

En vir die eerste keer in die SA geskiedenis is daar in die line-up van 31 karre ook ’n Chinese een – die Haval H9.

Daar moet onthou word hierdie company het die SA mark maar net in Mei 2017 betree. Hy doen dus beslis iets reg.

En derdens word daar na die consumer vote gekyk deur dit by die kiesproses in te sluit.

Dit is ten slotte hulle wat die karre koop.

Die semi-finaliste en finaliste sal dié maand aangekondig word.

Die jurors sal die karre in Maart 2019 toets vir die finale uitslag.

Terloops, dit was vreemd dat soveel motorvervaardigers meer as een inskrywing op die lys het.

Anyway, hier is die lys: Alfa Romeo (Stelvio); Aston Martin (Vantage); Haval (H9); Honda (Amaze, Civic Type R); Hyundai (i20, Grand i10, Kona); Jaguar (E-Pace); Land Rover (Range Rover Velar); Lexus (LS, RX L, ES); Maserati (Maserati Levante S); Mercedes-Benz (A-Class, X-Class); Mitsubishi (Pajero Sport); Nissan (Micra); Opel (Crossland X, Grandland X); Porsche (Cayenne); Renault (Duster, Kwid, Mégane R.S.); Suzuki (Dzire, Jimny, Swift); Toyota (Aygo, Yaris); en Volvo (XC40, XC60).

Laasgenoemde was in 2018 die Wêreldkar van die Jaar. En ek moet sê, my week met hom was ’n belewenis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters