Verlede maand
Dis heeljaar hel
VASGEVANG: Net sodra ons gewoond geraak het aan die hel van die verkeer in die somer ná die Vreestyd, dan sit ons in die reëntyd. En dan kan ons werklik nie bestuur nie. Ek het besef uit dié hel sal ek nooit ontsnap nie  ~ Albert Bakkes

JY SAL nou dink ek is uitgerus, perdfris en gesond.

Toe nie.

Die koerant maak mos nou nie toe en gaan ook met skoolvakansie nie.

Vir joernaliste is hierdie tyd van die jaar ekstra stresvol.

Dit word nie verniet komkommertyd genoem nie: ’n Mens werk op skeleton staff en jy moet daarby ook ekstra hard spartel om nuus te kry en die koerant vol te maak.

Gedruk

Maar die eintlike rede dat ek dié tyd van die jaar ’n nervous wreck is, is die verdomde goed wat mense op die pad aanvang.

En omdat die paaie as gevolg van die vakansie relatief “stil” was (it’s a relative term in Cape Town), kon jy werklik sien wanneer ’n bestuurder die idiot switch gedruk het.

Indicators?

Ek het vergeet my kar het een.

Voor jou indruk sonder om te kyk of ek jou neus gaan af ry?

Why the hell not?

Drink en bestuur? Cheers op die nuwe jaar!

Noudat die skole dié week weer begin het, is dit terug na “normaal”.

Maar in Slaapstad is die nuwe normaal eintlik absurd.

Want dan werk die traffic soos Metrorail.

Jy weet nie hoe laat jy by die werk gaan aankom nie, indien ooit.

Want net een fender bender op een van die twee main feeder roads (N1 en N2) maak jou lewe ’n freaking nagmerrie. Al weer laat.

Dis mos absurd dat dit ’n mens twee en ’n half uur kan vat om 17 km te travel.

En dan is die Porsche wat jy toets net so vinnig (lees: stadig) soos die Fiat Uno langs jou.

Dan, net sodra ons gewoond geraak het aan die slakkepas-foltering elke dag in die somermaande (soos daai kreef in die water wat al hoe warmer word), dan is die winter met ons.

Reëntyd. En as jy gedink het ons kan nie in die somer bestuur nie, moet jy die deursnee-Kapenaar in die winter op die pad sien.

Dit sou eintlik vrek snaaks gewees het as dit nie so scary was nie.

Dis amper soos ’n Monty Python sketch sonder die laugh soundtrack. Absoluut absurd op ’n Salvador Dalí-manier.

Sodra ’n druppeltjie op die voorruit val, speed mense op om vinniger by die huis te kom.

Following distances krimp. Skielik word op brieke gestaan. Dan gebeur aquaplaning.

Nog ’n fender bender of vier. Nog twee en ’n half uur in die verkeer.

Mense vergeet hulle kar het headlights. In digte mis of reën kan ander hulle dus nie sien nie.

Dit lei tot nog crashes.

En dan bekruip die festive season ons weer. Dis rinse en repeat met die cycle wat weer begin.

Toets

Ek’t tot die slotsom gekom: Ek gaan heeljaar ’n ner­vous wreck wees.

En omdat ek karre toets vir ’n lewe, kan ek nooit uit die sewende sirkel (geweld) van Danté se reis deur die hel kom nie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters