5 maande gelede
Dis ‘die ding’ by Killarney
fireworks: Kom ruik tyres en petrol môre by Killarney. Foto: dave abrahams  ~ 

VANAAND moet jy maar vroeg gaan slaap ...

Want “die ding” by ons heiligdom, die Killarney International Raceway, is môre terug danksy popular demand.

Ek praat nou natuurlik van die Street2Strip en Rallycross events waarin die k*k en hare weer sal waai.

Wenner

Racers is mal oor daai streetwise feel van Robot Racing.

Die konsep is een­voudig: Die lig slat groen, en wie ook al eerste die quarter mile (402 m) aflê, is die wenner.

Maar wat jou miskien ’n adrenalien-overdose sal gee, is daai Christmas tree setup, soos in die Yank drags.

En wanneer daai lig groen slaan, vat dit precision take-offs vir die beste tyd.

Terloops, dis ook die eerste Street2Strip event van die jaar, en street racers kan kom uithang met pro-level drag racers.

Die event is nie net vir street racers in hulle road-legal karre nie, maar ook vir die pro’s.

Onthou, met die takeoff moet jy nie eens dink nie, want dit gaan alles oor muscle memory­, en daai ouens hét dit.

But wait, there’s more ...

Terwyl die ouens so drag, kan jy ook na een van die moeilikste sports racings kyk: Rallycross.

Donders moeilik, want die racers moet traction kry op teer én gravel.

Die Killarney track is ontwerp spesifiek vir die World Rallycross Championship, wat elke jaar sedert 2017 daar gehost is.

En dit word beskou as een van die beste tracks ter wêreld vir racers én toeskouers.

In die grandstands by G-Energy en Rose Foundation corners sien ’n mens omtrent die hele baan.

Die teer het baie vinnige corners en die gravel het lekker tight turns.

Stel jou maar baie sideways action voor en dalk ’n side swipe (nuwe tipe kontaksport) of twee tussen die racers.

Terloops, dis die motorsport wat die snelste groei ter wêreld toon.

En die beste nog, die racers van die E36 Group – daai hardcore Beemer 3-Series fans – het agtergekom hulle high-revving, rear-wheel drive sedans is by uitstek geskik vir dié tipe racing.

As jy nog nie gesien het hoe ’n Beemer ’n Citi Golf sideways overtake nie – en dít op gravel! – het jy nog niks gesien nie.

Onthou, die races is kort. So, die aksie is so te sê non-stop.

O, en daar is national karting action op die 1 km lange K circuit. Dís waar jong talent gekweek word.

Gaan slaap vroeg, want die hekke word 07:00 oopgemaak en “die ding” begin 09:00.

Dit kos R80 vir volwassenes, R20 vir 16-jariges en jonger en gratis vir 12-jariges en jonger.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters