3 maande gelede
Dis chaos ná crash
LANG RIT: Dié week het ek weer die butterfly effect in werking gesien op die teer. Dit het my twee uur gevat om die 19 km tot by die werk te ry nadat ’n ongeluk by die stad se ingang gebeur het.Foto’s albert bakkes  ~ 

KOM ek probeer ’n bietjie die butterfly effect, wat deel van quantum mechanics en chaos theory uitmaak, verduidelik.

Die oorspronklike teorie is uitgedink deur ’n slimkop genaamd Edward Lorenz, wat weerpatrone probeer voorspel/verduidelik het.

Hy het juis ’n lecture gehou genaamd “Does the flap of a butterfly’s wings in Brazil set off a tornado in Texas?”.

Waarop dit neerkom, is dat iets kleins (soos die metaforiese klap van ’n skoenlapper se vlerke) ­ later iets veel groters kan ­veroorsaak/verander.

Daar is nog ’n debat hieroor tussen die slimkoppe.

  • Maar ek glo wel in die butterfly effect, want ek het

1. Vat ’n relatief klein ongeluk by die Koebergweg-wisselaar, daar waar die N1 vernou, net voordat jy by die stad inkom. Sover ek weet, is niemand dood nie.

2. Spring vroeg weg (so 07:45) by jou huis in Stellenberg, Durbanville, en klim op Old Oak om op die N1 te klim om die 19 km stad toe te ry.

3. Klim stadig van Old Oak af tot op die N1.

4. Staan stil.

5.Vat twee uur om verby die ongelukstoneel (wat al lankal opgeklaar is) te ry.

6. Park onder die flyover op ’n building site by die ingang van die hawe omdat al die parking reeds vol is (oor jy laat is).

7. Stap sowat 15 minute tot by jou kantoor.

8. Begin laat met jou eintlike werk (soos dié skrywe).

9. Worry gedurig oor die toetskar (’n Mercedes-AMG C63 S Coupé) wat daar doer in sy moer in die verte staan.

10. Stap ’n paar keer terug na die kar toe om te kyk of dit nog orraait is (dit was).

Die sogenaamde ripple effect (ook deel van chaos theory) van iets kleins wat later baie groter k*k veroorsaak, was verstommend.

En ongelukkig gebeur dit gereeld in die verkeer in dié liewe ou stadjie van ons.

’n Hele paar jaar terug het daar mos ’n container van ’n lorrie afgeval en op ’n arme vrou en haar dogter se kar in Table Bay Boulevard beland.

Dit het die stad tot stilstand gebring.

Verlede jaar het daar weer ’n container afgeval en op ’n groep mans se kar beland.

Weereens chaos.

Ek wil nie eens weet hoeveel dié twee taamlike groot voorvalle die local economy gekos het nie. En hoeveel klein fender benders (omtrent elke dag) kos nie.

Ek weet dit het mý gekos.

Bloed het omtrent by my ore uitgeloop, want my blood pressure het omtrént ge-skyrocket.

En my produktiwiteit was ­laer as slangk*k, want ek het die heeltyd oor daai baie duur kar ge-worry.

Ek het ook heeltemal te veel gaan rook, wat sekerlik ook nie so goed vir my gesondheid kan wees nie.

En, les bes, weet ek ek kan net mooi f*kk*l aan die situasie doen nie, want weens die geografie van die stad (dink aan die berg) is daar eintlik net twee entry routes na die CBD, en dis die N1 en die N2.

Hierdie is nie ’n wêreldstad soos hulle die ding verkoop nie. Hierdie is ’n world-class foKaapi...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters